Ses akademici vereer deur Akademie vir Wetenskap en Kuns






Potchefstroom - Ses akademici van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is vanjaar deur die Suid-Afrikaanse (SA) Akademie vir Wetenskap en Kuns vir uitmuntende navorsing vereer.

Di personeel is benoem in kategorie wat wissel van taalwetenskap, onderwys, wiskundige-, biologiese-, farmaseutiese en plantkundige wetenskap. Hulle sal die toekennings op 27 Junie tydens die Akademie se eeufeesvieringe in Bloemfontein ontvang.

Prof Daan Wissing, senior navorser in spraaktegnologie by die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT), het die CJ Langenhovenprys vir taalwetenskap ontvang. Die prys word driejaarliks toegeken vir taalwetenskaplike of taalskeppende werk in Afrikaans. Sy bydrae tot die uitbou van fonologie as besondere dissipline en taalkunde as vakwetenskaplike dissipline in Afrikaans word baie hoog geag in Afrikaanse taalkundekringe.

Die Dekaan van Opvoedingswetenskappe, prof Petra Engelbrecht, het n erepenning vir wetenskaplike vakbevordering op die terrein van onderwys ontvang. Sy is nasionaal en internasionaal bekend veral in die veld van opvoedkundige sielkunde. Haar bydrae op di terrein word wreldwyd erken.

Prof Jan Swanepoel van die Departement Statistiek het die Havengaprys vir wiskundige, chemiese of fisiese wetenskappe ontvang. Erkenning is aan hom gegee vir die leidende rol wat hy nasionaal en internasionaal in die vak statistiek vertolk het. Prof Swanepoel is verskeie jare al een van die land se belangrikste figure op di vakgebied, nie net met betrekking tot die wiskundig-teoretiese onderbou van die vak nie, maar ook in die praktiese aanwending daarvan. Sy leierskap word gekenmerk deur sy vermo tot hoogs oorspronklike denke en sy skerp wiskundige insig.

Die FARMOVS-prys vir farmakologie en geneesmiddelontwikkeling is aan prof Theo Dekker van die Skool vir Farmasie toegeken. Hy het nasionaal en internasionaal indrukwekkende bydraes gemaak op die gebied van kwaliteitsversekering en kontrole van medisyne met betrekking tot die farmaseutiese akademie, -nywerheid en die regulatoriese medisynebedryf. Prof Dekker lewer steeds wreldwyd sleutelbydraes tot die kwaliteitsversekering en kontrole van medisyne.

Twee gedenkmedaljes is ook toegeken aan personeel in die Skool vir Omgewingswetenskappe en ontwikkeling. Prof Gert Krger het die senior Kaptein Scott-medalje ontvang vir sy uitmuntende werk wat hy as bioloog in suidelike Afrika gelewer het. Prof Krger het die afgelope 36 jaar veral bydraes tot navorsing en opleiding in plantfisiologie gelewer. Die belangrikste navorsing wat hy en sy studente gedoen het, het gehandel oor droogtebestandheid van gewasse en natuurlike plante. Prof Krger het homself as wreldleier op di gebied gevestig.

Die junior Kaptein Scott-medalje is aan me Elmien Heyneke oorhandig vir die beste MSc-verhandeling in die plantkundige wetenskappe aan n Suid-Afrikaanse universiteit. Haar verhandeling is die produk van n omvattende studie oor die invloed van swaweldioksied op die groei en fisiologie van sojaboonplante. Di studie is uitgevoer in groeikamerstelsels (enig in sy soort in die land) op die Astro Villa-terrein. Di navorsing is verskeie kere op nasionale en internasionale kongresse voorgedra.


