NWU-studente vier diversiteit






Institusionele Kantoor  Ongeveer 500 studente van die drie kampusse het onlangs die eerste Institusionele Studente-Sportdag (ISSD) op die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) bygewoon.

Die verskillende spanne van die Kampusse  Potchefstroom, Vaaldriehoek en Mafikeng  het aan talle verskillende nommers deelgeneem. Die studente het basketbal, skaak, sokker, netbal, tafeltennis, tennis, raakrugby en vlugbal geniet.

Volgens dr Edward Sedibe, Direkteur: Studentesake en Sport, was die doel van die dag om studente van al drie kampusse die geleentheid te gee om deur middel van sport te sosialiseer en met mekaar te verkeer. Deur dit te doen het hulle hulle samehorigheid as een Universiteit bevorder, het Dr Sedibe ges.

Elke kampus het sy ongelooflike talent vertoon en die ondersteuners was nie teleurgesteld nie. Die mededinging was straf, maar al die spanne het onthou om pret te h en die spel so veel as moontlik geniet.

Die Mafikengkampus se arobiese klub het tydens die openingseremonie die studente verras met n arobiese vertoning om die sport bekend te stel en te demonstreer.

Die geleentheid was n reuse sukses en al die spanne het hulle beste vertonings gelewer.




Die vrouesokkerspan van die Potchefstroomkampus.



Die rugbyspan van die Mafikengkampus.



Die manssokkerspan van die Vaaldriehoekkampus



