Bekende skrywers tuis by Skool vir Tale






Potchefstroom - Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Skool vir Tale is n plek waar mense met kreatiwiteit gewis nie die uitsondering is nie. Die skool spog met meer as n halfdosyn bekende Afrikaanse skrywers in hul geledere.





Di skrywers blink uit op uiteenlopende gebiede wat insluit digkuns, romans, jeugliteratuur en akademiese handboeke.

Prof Heilna du Plooy is 'n digter en haar nuutste digbundel heet In die landskap ingelyf.  Sy het ook verskeie vertalings van posie tussen Afrikaans, Engels en Nederlands gedoen. Sy is Professor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde en is tans die voorsitter van die vakgroep Afrikaans en Nederlands. Sy het reeds wyd as akademikus gepubliseer en het ook 'n akademiese boek, Verhaalteorie in die twintigste eeu, op haar kerfstok.

Prof Hein Viljoen is ook digter en sy jongste bundel se titel is Holtrom en groot kabaal.  Hy is die huidige Direkteur van die Navorsingseenheid Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse (SA) konteks. Hy is ook Professor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde. Naas talle tydskrifartikels oor die eietydse literre teorie en oor die Afrikaanse letterkunde het hy en n medeskrywer 'n inleiding tot die literatuurwetenskap geskryf met die titel Alkant olifant en drie boeke geredigeer, nl. Metodologie en representasie en Storyscapes: South African perspectives on literature, space and identity  en Beyond the threshold: Explorations of liminality in literature.

Prof Franci Greyling spesialiseer in skryfkuns, kinder- en jeugliteratuur,  toepassingsmoontlikhede van die internet en interdissiplinre kreatiewe navorsingsprojekte. Agt jeugboeke uit haar pen sluit titels in soos Die meisie van Melrosehuis en Vleuels soos die arende. `n Prenteboek, Formule drie, twee, een! wat deur Vian Oeloefsen gellustreer is, het in 2007 verskyn. Van haar kindergedigte is opgeneem in die nuwe Kinderverseboek. Sy is voorts die stigter van Storiewerf, `n webtuiste vir kinder- en jeugboeke en jong skryftalent, wat sy reeds vir nege jaar onderhou.

Mev Sophia Kapp is sedert begin vanjaar die nuwe Dosent in Vertaal- en Tolkstudie. Sy is die skrywer van vier gewilde Afrikaanse liefdesromans (Die erflating, 'n Nuwe lente, Waar die hart is en Die tuiskoms). 'n Vyfde een is op pad. Afgesien hiervan is die Dekaan van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte, prof Jan Swanepoel, self ook 'n gepubliseerde digter die digbundels (My Rome brand so mooi,  Wat ver is en naby en By wyse van skrywe) op sy naam.

Die Direkteur van die Skool vir Tale, prof Wannie Carstens, is weer skrywer van akademiese handboeke en hy is tans besig met 'n derde een, Teksredaksie, wat hy saam met 'n kollega van die Universiteit van Antwerpen, Belgi, skryf.  Sy vorige boeke is Norme vir Afrikaans en Afrikaanse tekslinguistiek. 'n Inleiding.

