Vakgroep fokus op internasionale samewerking






VANDERBIJLPARK  Internasionale en nasionale verteenwoordigers van die vakgroep Onderwysreg het onlangs op die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) besoek afgel. Een van die onderwerpe wat bespreek is, is internasionale en interuniversitre samewerking rakende Onderwysreg.

Besoekende akademici het ondermeer ingesluit Prof Charlie Russo van die University of Dayton, Ohio en sy vrou, Debbie asook Prof Rai Mestry van die Universiteit van Johannesburg (UJ).
Onderwysreg let op die regsaspekte wat veral demokrasie en regsgeldigheid op skoolvlak kan bevorder, onder andere die uitwis van onbillike diskriminasie en onregverdige optredes.

Toekomsbeplanning
Prof Elda de Waal van die NWU Vaal was vanaf 2003 tot 2008 die President van South African Educational Law Association (SAELA) en is vanjaar as die Vise-President aangewys. 'n Hoogtepunt vir Prof de Waal tydens haar amp as president van SAELA was die organisering van 'n spesiale Onderwysreguitgawe van die Journal for Juridical Science (JJS-UOVS) vir 2009. 'n Afvaardiging van SAELA (wat Prof De Waal en Prof Ralph Mawdsley van die VSA insluit) is genooi om deel te neem aan die skryf van 'n Memorial Volume ter nagedagtenis aan Prof Hans Visser (UP) wat eersdaags bekend gestel word.

Een van die internasionale gaste wat op die kampus verwelkom is, Prof Charlie Russo, hou 'n ere-Professoraat (Onderwysreg) aan die NWU en besoek jaarliks die instelling. In Mei-maand sal Prof De Waal op 'n Onderwysreg navorsingsbesoek na die VSA vertrek. In hierdie tyd sal sy saam met Proff Charlie Russo, Ralph Mawdsley en Nelda CambronMcCabe  almal van die University of Dayton, Ohio werk.

Na afloop van die bespreking is die afvaardiging op 'n vlotvaart op die Vaalrivier getrakteer.



Voor van links is mee Jeanine Keating (ingeskrewe MEd Onderwysreg), Rina Landsberg, mnr Marius Smit, Prof Elda de Waal (NWU Vaal) en me Debbie Russo (VSA). Agter van links is Dr Erika Serfontein (Vaaldriehoek), Annamagriet de Wet  , Elize Kng (ingeskrewe PhD Onderwsyreg NWU Vaal), Prof Charlie Russo (VSA), Prof JP Rossouw, Prof Raj Mestry van die Universiteit van Johannesburg (UJ).

