Kinders gaan meer van omgewingsbestuur leer






Potchefstroom - Die Noordwes Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus en die Vrije Universiteit in Brussel het n ooreenkoms aangegaan waarin hulle Laerskole meer bewus wil maak van hoe om omgewingsbestuur in skole te kan toepas.

Prof Luc Hens van di Universiteit s die doel van die projek is om skole te oortuig om n omgewingsbestuurstelsel teimplementeer sodat leerders en onderwysers onder meer die hulpbronne van die skool, water, energie, tuine en afval, verantwoordelik kan bestuur. Sowat sestig skole sal in drie streke in die land by die projek van drie jaar betrek word.

Prof Hens s skole sal ook geleer word om die vordering van die imlementering van omgewingsbestuur te meet, wat weer by die navorsing van die stelsels sal aansluit.

Die Direkteur van die Skool vir Kurrikulumgebaseerde studies, prof Barry Richter, s die projek bied die geleentheid vir skole om die omgewing by die kurrikulum te integreer, asook om die skool as inrigting op n omgewingsverantwoordelike wyse te bestuur.

Die projek word deur die Vlaamse gemeenskap se departement van onderwys geborg. n Soortgelyke projek genaamd Mileuzorg op School bestaan al vir etlke jare in Vlaandere.




Die ooreenkoms tussen die Vrije Universiteit in Brussel en die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom word onderteken deur prof Luc Hens en die kampusrektor, prof Annette Combrink. Agter is dr Schalk Raath van Museumpark, die derde vennoot in die ooreenkoms, en prof Barry Richter, Direkteur van die Skool vir Kurrikulumgebaseerde Studies.

