Internasionale navorsersers deel kundigheid met wiskunde-studente






Mafikeng  Drie internasionale navorsers van verskillende instellings het onlangs die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) besoek om hulle kundigheid met die Universiteitsgemeenskap te deel.





Prof Masood Khalique, Hoof van IISAMM en Tasawar Hayat van die Quaid-i-Azam-Universiteit in Pakistan.

Prof Tasawar Hayat van die Quaid-i-Azam-Universiteit in Pakistan, prof Anjan Biswas van die Centre of Research and Education in Optical Sciences and Applications, Delaware State University in die Verenigde State van Amerika (VS), en prof Gazanfar Unal van Yeditepe-Universiteit, Istanbul, Turkye het seminare aan personeel en studente van die Internasionale Instituut vir Simmetrie-analise en Wiskundige Modellering (IISAMM) aangebied.

Volgens prof Masood Khalique, Hoof van IISAMM, het die internasionale navorser, prof Hayat van die Quaid-i-Azam-Universiteit, sy twee meestersgraad-studente gehelp om wiskundige modelle te ontwikkel vir pypvloei wat in verskeie industrie van toepassing is. Prof Hayat het n seminaar oor Wiskundige modellering en roterende vloei vir die studente en personeel by die instituut aangebied.

Prof Biswas van die Delaware State University het ook verlede jaar die Kampus besoek. Prof Biswas, van die Departement van Toegepaste Wiskunde en Teoretiese Fisika, het twee seminare oor "Optical Soliton Perturbation in a non-Kerr law Media en Perturbation of topological Solitons aangebied.



Prof Unal, van die Yeditepe-Universiteit, het in Desember praatjies oor Derivative Pricing 1: Black-Scholes Equation en Derivative Pricing 2: Bond pricing Equation aan personeel en studente gelewer. n Artikel getiteld Explicit solution processes for non-linear jump-diffusion equations is aan die tydskrif Computers and Mathematics with Applications vir moontlike publikasie voorgel.

IISAMM wil die begrip van Simmetrie-analise en Wiskundige Modellering (SAMM) ontwikkel en bevorder deur die universiteitsnavorsing en -onderrig aan industrile behoeftes en bekommernisse te koppel, asook om studente op te lei om hierdie veld te betree, het prof Khalique verduidelik.

Die doel is om internasionaal-erkende navorsing in die veld van SAMM te publiseer, om navorsingstudente te lok en begelei, en om as n sentrum van uitnemendheid nasionale en internasionale erkenning te verkry. Dit sal nie moeilik wees om te bereik nie, aangesien die instelling reeds oor sommige van die navorsingsprojekte met nasionale en internasionale kundiges meewerk, het hy verduidelik.

Ek bedank die Dekaan vir al die ondersteuning en aanmoediging wat sy vir navorsing in die Fakulteit gee, en ek hoop dat die leerders aan horskole asook studente by die universiteit by ons navorsingsveld sal aansluit, het prof Khalique ges.

Professor Khalique het reeds talle oorsese universiteite vir navorsingsdoeleindes besoek  in Rusland, die VSA en Turkye.

