Oud-student verower wreldtoekenning






Potchefstroom - n Oudstudent van die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus (NWU Puk) wat bestempel word as die vader van inligtingstegnologie in Suid-Afrika se naam kan nou saam met die van Charlize Theron genoem word nadat hy n gesogte internasionale toekenning gekry het.





Prof Dewald Roode

Die LEO-toekenning, wat vernoem is na een van die wreld se kommersile toepassings van die rekenaarwese (The Lyons Electronic Office), is gemaak tydens die Internasionale Inligtingstelsel-konferensie. Die toekenning word gemaak aan individue in die inligtingstelsel-gemeenskap wat uitstaande bydraes gelewer het rakende navorsing en die toepassing van die stelsels. Hy is die eerste inwoner van Afrika wat die groot eer te beurt geval het.

Prof John King van die Universiteit van Michigan het tydens die toekenningsgeleentheid ges Roode het pionierswerk gedoen deurdat hy daarin geslaag het om inligtingstelsels n belangrike studieveld in die suidelike halfrond te maak. Hierdeur is die gemeenskappe verder in kontak gebring met kollegas noord van die ekwator.

Saamgestel deur Lieze du Preez

