NWU-konsortiums raap R10 miljoen se kontrakte op






Potchefstroom - Twee kontrakte ter waarde van R10 miljoen is pas tussen die Noordwes-Universiteit (NWU) en Palama (Public Administration Leadership and Management Academy) onderteken om opleiding aan senior staatsdiensamptenare te fasiliteer.

Die NWU is die leidinggewende instansie in ses van die nege provinsies. Die twee ander konsortiums van tersire instellings behartig die ander provinsies. Hulle is die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) en die Vaal Universiteit vir Tegnologie (VUT).

Die Skool vir Sosiale en Owerheidstudies (SSOS) het di kontrakte beding om senior regering amptenare in provinsiale regerings op te lei. Palama is n statutre liggaam binne die Departement vir Staatsdiens en Administrasie wat verantwoordelik is om opleiding en kapasiteitsbou binne die brer staatsdiens te fasiliteer en te kordineer.

Verskeie personeel het die kampusrektor van die NWU, prof Annette Combrink, vergesel tydens die ondertekening in Pretoria. Die opleidingsprogram sal eersdaags in die Noordelike en Sentrale streke aangebied word, wat die provinsies, Noordwes, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Gauteng, Mpumalanga en Limpopo insluit.

Die Kantoor vir Kortkursusse is by die Skool vir Sosiale en Owerheidstudies gevestig en dien as voertuig vir die fasilitering van hierdie en ander gehalte derde geldstroom kortkursus programme wat met formele akademiese programme van die SSOS belyn is.

Mnr Willem Mostert is aangewys as die Bestuurder van die Kantoor en Projekbestuurder van die NWU konsortiums (Noordelike en Sentrale streke) en me Marli Moolman is hoof van Logistiek en Administrasie van die kantoor.




Prof Annette Combrink (Rektor van die Potchefstroomkampus van die NWU, dr Mark Orkin (Direkteur-Generaal van Palama), proff Leon Fourie (Uitvoerende Dekaan van Bestuurswetenskappe by Vaal Universiteit vir Tegnologie en verteenwoordiger van die VUT konsortium - nasionaal) en Christo van Loggerenberg (Visekanselier vir Akademie by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit verteenwoordiger van die NMMU konsortium  suidelike streek) tydens die ondertekening van die kontrakte in Pretoria.





Van die NWU se personeel het die ondertekening van kontrakte met Palama bygewoon. Agter is proff Johan Zaaiman (Direkteur van die Skool vir Sosiale en Owerheidstudies), Maritte Lowes (Viserektor: Akademie van die Potchefstroomkampus), Mark Orkin (Direkteur-Generaal van Palama), Annette Combrink (Kampusrektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU)), Jan Swanepoel (Dekaan van Lettere en Wysbegeerte van die Potchefstroomkampus), Gerrit van der Waldt (Openbare bestuur en regering  Potchefstroomkampus) en me Louise Lepan (Hoofdirekteur van Uitvoerende Ontwikkelingsprogramme by Palama). Voor is mnr Willem Mostert (Bestuurder van die Kantoor vir Kortkursusse by die Skool vir Sosiale en Owerheidstudies by die Potchefstroomkampus) en me Marli Moolman (Administratiewe- en Logistiekebeampte van di kantoor).

