Drie grafiese studente genooi om aan Nampak Packaging Design-Uitdaagkompetisie deel te neem






Potchefstroom - Drie grafiese ontwerp-studente van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is gekies Nampak Packaging Design-uitdaagkompetisie deel te neem.

Carien Roberts, Adele Jonker en Nadia Roodt, is drie van slegs vyf studente in die land wat gekies is. Toegang tot die studentekategorie in hierdie kompetisie is alleenlik moontlik op uitnodiging.

Die voorafkeuring van studente is gebaseer op individuele prestasies in die Institute of Packagings (IPSA) Student Gold Pack Awards. Dit is by die Student Gold Pack Awards van 2008 dat Carien Roberts die algehele wenner was van die Propack Gold in die ontwerpkategorie-toekenning. Sy het ook die toekenning vir die beste verpakking in die kategorie vir tandsorg ontvang. Adele Jonker was die algehele wenner van die Propack Bronze in Design-toekenning asook van die Nandos-verpakkingskategorie, met Nadia Roodt wat ? merietetoekenning in di kategorie ontvang het.

Die finale uitstalling van die Nampak Packaging Design-Uitdaagkompetisie se wenontwerpe het op 27 Februarie tot 1 Maart by die Ontwerp-indaba Expo plaasgevind, en dit sal ook in die tydskrif Design Indaba ten toon gestel word.

Studente wat genooi is om deel te neem staan `n kans om verdere kennis te maak met die interessante wreld van verpakkingsontwerp en dit as `n beroep los te slaan. Hulle kry ook die geleentheid om hulle werk as `n belangrike sigbare voorbeeld van hulle vaardighede tot hul portefeuljes toe te voeg.



 Van links: Adel Jonker, Carien Roberts en Nadia Roodt van die Pocthefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU).

