Honneursstudent naaswenner in landwye begrotingskompetisie






Potchefstroom - Een van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus se honneursstudente van die Skool vir Ekonomie, Carike Claassen, is aangewys as die naaswenner in die Nedbank Old Mutual Begrotingskompetisie vir 2008.
Carike het di gesogte prys gewen met n artikel wat sy verlede jaar geskryf het. Sy moes ook n paneelonderhoud in die Kaap voer. Dit is n landwye kompetisie wat jaarliks gehou word en sy is R15 000 ryker n haar prestasie.

Die organiseerders kies elke jaar n ekonomie-onderwerp vir die kompetisie.  Deelnemers moet dan n opstel skryf waarin hulle die vrae beantwoord en gewoonlik ook voorstelle maak oor hoe hulle Suid-Afrika se begroting sou opstel.

Prof Wilma Viviers, Direkteur van die Skool vir Ekonomie, s dit is n uitdagende en stimulerende oefening en studente word elke jaar aangemoedig om hiervoor in te skryf.

Dr Riaan Rossouw en me Jacky van der Merwe het die studente vanjaar met die afronding van hulle opdragte gehelp. Dr Rossouw het saam met Carike die begroting bygewoon en bevestig dat sy uitstekend in die paneel-onderhoude gevaar het en n baie goeie verteenwoordiger van die NWU-Puk was.

Prof Viviers s almal in di skool en die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is baie trots op Carike se prestasie.




 Carike Claassen

