158 MBA-grade by NWU toegeken






n Oudleerling van Afrikaanse Horskool Sasolburg is aangewys as die beste MBA-student van die Potchefstroom Besigheidskool by die Noordwes-Universiteit (NWU).

Mev. Judy Cilliers (28), n voorsieningsketting-konsultant by Sasol Ltd., het n Ou Mutual goue medalje ontvang as student met die beste akademiese punt oor die drie MBA-studiejare asook n silwer medalje van Professionel Provident Society vir die beste skripsie in haar studiegroep.

Die Potchefstroomse Besigheidskool het Vrydagaand (6 Mei) op sy jaarlikse MBA graduandi-dinee die toekennings gemaak. Altesame 158 MBA-grade is vroer die dag tydens die MBA-gradeplegtigheid op die Potchefstroom-kampus oorhandig.

Mnr. Lambert van der Nest (37), die entrepreneur en sakeman wat tans hoofuitvoerende beampte is van die maatskappy, Fraser Alexander, het n spesiale ere-toekenning ontvang vir sy waardevolle bydrae tot ekologiese rehabilitasie in Suid-Afrika. Hy is n oudstudent van die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hor Onderwys (PU vir CHO) het in 2001 n toekenning vir uitstaande prestasie van die Potchefstroom Besigheidskool ontvang nadat hy sy MBA-graad voltooi het.

Cilliers het haar matriekeksamen met vyf onderskeidings voltooi en is in 2000 as die beste B.Sc.-student aangewys toe sy haar graad aan die destydse PU vir CHO met lof verwerf het.

Haar huidige pos by Sasol Ltd. behels onder meer die ontwikkeling n infrastruktuurplan vir die maatskappy se verskaffingsketting. Haar skripsie se titel is: Beraming van Beleggingspotensiaal  n Analise Model.

Prof. Tommy du Plessis, direkteur van die Potchefstroom Besigheidskool, het ges die skool sal hom steeds beywer om praktiese besigheidsoplossings te verskaf en kwaliteit bestuurders op te lei sodat n bydrae gelewer kan word tot die ontwikkeling van Suid-Afrika se ekonomie.

Altesame 22 van die MBA-graduandi het tydens die prestige-dinee sertifikate ontvang vir die beste prestasies in die onderskeie vakke.


Mev. Judy Cilliers van Sasolburg is Vrydagaand aangewys as die beste MBA-student van die Potchefstroom Besigheidskool by die Noordwes-Universiteit. Sy het tydens die spogdinee wat na die gradeplegtigheid gehou is verskeie toekennings ontvang. By haar is van links proff. Tommy du Plessis, direkteur van PBS, Annette Combrink, rektor van die Potchefstroom-kampus, Deon de Klerk, dekaan van die fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe en dr. Theuns Eloff, visekanselier.

