Kampus nou gerat vir kragonderbrekings






Potchefstroom - Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is nou gereed om enige kragonderbreking te hanteer sonder om werkure, klas- of navorsingstyd in te boet.

Die sentrale noodkragstelsel  is onlangs amptelik deur die Kampusrektor, prof Annette Combrink, in gebruik geneem.  Die stelsel wat bestaan uit ses Cat-noodkragstelle van 1 100kVA, met n totale kapasiteit van 6600kVA (6,6MVA), is enig van sy soort in Suid-Afrika deurdat dit drie sones afsonderlik kan bedien. Die ses opwekkers kan afsonderlik aangewend word afhangende van die behoefte aan krag in verskillende sones. Die hoofsubstasie van die kampus is ook opgradeer om die nuwe stelsel te akkommodeer.

Onbeplande onderbrekings
Indien die kragtoevoer deur die munisipaliteit onderbreek word, sal die opwekkers outomaties aanskakel en by die hoofsubstasie inskakel om die kampustoevoer een vir een te herstel in volgorde van prioriteit.
Di proses behoort binne vyf minute afgehandel te wees. Die terugskakeling na munisipale krag sal outomaties plaasvind met geen onderbrekings nie.

Beplande onderbrekings
Indien Eskom weer kragladings instel en die tye bekend is, sal die noodkragstelsel vooraf geaktiveer kan word om die oorskakeling sonder onderbreking te kan doen. Die televisie-uitsendings van die Varsity Cup-wedstryde vind tans so plaas. Supersport het versoek dat die wedstryde wat Maandagaande direk uitgesaai word op noodkrag gedoen word om te verseker dat daar geen onderbreking in uitsendings sal wees nie. Die noodkragstelsel is ook toegerus met n dieseltenk van 23 000 liter.

Mnr Louis van der Ryst, Direkteur van Fisiese Infrastruktuur en Beplanning, s kraggebruikers moet in gedagte hou dat di maatrel slegs n noodkragstelsel is. Die kampus gebruik tans tot 8,5MVA krag en die noodkrag kan slegs 6,6 MVA voorsien.  Hy het personeel versoek om tydens n noodkragsituasie slegs noodsaaklike toerusting te gebruik en ander toerusting soos lugversorgers af te skakel. Toerusting wat baie sensitief is vir kragonderbrekings moet verkieslik van n UPS voorsien word aangesien die kragtoevoer van die munisipaliteit dikwels ook nie konstant is nie.



Prof Annette Combrink bekyk die panele van die nuwe noodkragopwekkers wat op Weskampus ingerig is.



Ses van die reuse Cat-noodkragstelle van 1 100kVA, met n totale kapasiteit van 6600kVA (6,6MVA), kort voor dit in die gebou op Weskampus genstalleer is.

