Wreldbekende kardiovaskulre navorser besoek HART






Potchefstroom - Die Hypertension in Africa Research Team (HART), een van die nuwe nisareas van die Noordwes-Universiteit (NWU), het hul eerste internasionale besoeker onlangs op die Potchefstroomkampus verwelkom.

Personeellede van HART het prof Luc van Bortel op vorige kongresse ontmoet en besluit om hom na Suid-Afrika uit te nooi. Van Bortel is 'n wreldbekende internasionale navorser op die gebied van arterile styfheid en het 'n werkswinkel rakende arterile struktuur en funksie kom aanbied wat deur verskeie personeel van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe bygewoon is.

Volgens prof Alta du Plooy, leier van die HART-projek, het Van Bortel aangedui dat hy die nisarea in die toekoms met projekte en verdere navorsing behulpsaam wil wees.





Van links is dr Rudolph Schutte, mnr Ruan Kruger, prof Hugo Huisman, mev Carla Fourie, proff Schutte, Luc Van Bortel, Leon Malan, Nico Malan, me Lisa van Lill, dr Szabolcs Peter, me Lanthe Palmer en prof Johannes van Rooyen.

