Mischke help om gesprek in Afrikaans te






Potchefstroom - Die deurwinterde koerantvrou wat diep spore in die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse koerantwese getrap het, het haar eerste kennismaking met die mediawreld op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) gehad.

Me Anne-Marie Mischke, senior adjunk-redakteur van Rapport wat onlangs uitgetree het, het in 1962 as eerstejaarstudent by die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hor Onderwys (PU vir CHO) ingeskryf vir n Graad in die Perswetenskap. Sy het in haar tweede jaar besluit om eerder die wreld van tale te verken met Afrikaans-Nerderlands en Duits as hoofvakke.



Daarna het sy ingeskryf vir die Nagraadse Diploma in Biblioteekkunde en met haar twee kwalifikasies in die hand is sy na die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) waar sy die Honneursgraad in Biblioteekkunde voltooi het. Sy was destyds die eerste Nagraadse student wat by di nuwe Afrikaanse universiteit in Johannesburg aangesluit het en het tydens haar studies by die instelling se biblioteek gewerk.

Met haar honneursgraad agter die rug het sy n reuse stap gemaak deurdat sy Duitsland toe is en onder meer in n fabriek gaan werk het  iets wat weinig Suid-Afrikaners daardie jare oorweeg het.  Terug in haar geboorteland het die joernalistiek steeds diep in my hart geroep. Di oud-inwoner van Klawerhof het toe die mediawreld betree en vir agttien maande by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) berigte vir radionuus geskryf . Dit was in die jare voor televisie.

Daarna het sy by die vroueblad van die destydse Transvaler aangesluit. Die begin van haar politieke beriggewing bestempel sy as n natuurlike neiging in die rigting van die politieke speelveld. Eers het sy munisipale beriggewing behartig wat uitgebrei het tot provinsiale  en nasionale politieke nuusdekking. Sy vertel daar was daardie jare nog nie Afrikaanse vroue politieke joernaliste nie en was haar aankoms by die persgalery in die parlement  as Afrikaansspreke en boonop nog n vrou - n nuwigheid. Gelukkig was me Helen Zille, destyds n joernalis van die Engelse dagblad, Rand Daily Mail, saam met haar in dieselfde bootjie.

Dit is vanuit dieselfde persgalery dat me Mischke, wat later by Rapport aangesluit het, die grootste politieke gebeure in die afgelope paar dekades beleef het. So byvoorbeeld was sy daar toe die Nasionale Party (NP) geskeur en die Konservatiewe Party gestig is, sy was daar toe die wettiging van die African National Congress (ANC) aangekondig is en sy was daar toe mnre FW de Klerk en Nelson Mandela die eerste keer saam die parlement binnegestap het.

Met hierdie en vele ander groot gebeurtenisse waaroor sy as politieke joernalis in diepte verslag gedoen het, het me Mischke haar volgens akademici bewys as n skrywer met insig wat n vername bydrae gelewer het sodat n verskeidenheid van mense se stemme in Afrikaans gehoor kon word.   Prof Jakes Gerwel het in n huldeblyk geskryf me Mischke het meegewerk om van die Afrikaanse geselsruimte in Rapport een van verskeidenheid en verdraagsaamheid, teenoor verskil te maak.
Prof Hermann Giliomee, navorser en historikus van Stellenbosch, het haar geprys vir die sleutel - en verantwoordelike rol wat sy oor n lang periode in die Afrikaanse koerantwese gespeel het om die gesprek in Afrikaans te verbreed, verdiep en oop te maak.  Sy was nooit een van die flambojantes met haar naam in neon-ligte nie. Sy het op haar stil wyse daaraan meegewerk om n verskeidenheid van stemme in Afrikaans te laat hoor, het hulle in die huldeblyk ges.

Volgens me Mischke gaan sy haar nou besig hou met vertaal- en redigeerwerk. En die eerste opdragte l reeds vir haar en wag.

Saamgestel deur Lieze du Preez.

