BMI-risikoprogram is wreldklas






Potchefstroom - Die Hons BSc Kwantitatiewe Risikobestuursprogram (KRB) van die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika (Sentrum vir BWI) van die Noordwes-Universiteit (NWU) het internasionale erkenning ontvang van twee wreldwye professionele risikobestuursliggame, naamlik die Professional Risk Managers International Association (PRMIA) asook die Enterprise Risk Management Institute International (ERM-II). Hierbenewens is die Direkteur van die Sentrum vir BWI, prof PJ de Jongh, versoek om die Actuarial Society of South Africa (ASSA) op die ERM Global Syllabus Committee te verteenwoordig.

PRMIA (kyk http://www.prmia.org/ (Link: http://www.prmia.org/)) het die Hons BSc Kwantitatiewe Risikobestuursopleidingsprogram vir Vlakke 1 en II van hul PRM-sertifiseringsprogram geakkrediteer. Die Sentrum vir BWI se Hons BSc KRB-program is die derde in die wreld om hierdie status toegeken te kry. Vroer het die risikoprogramme van die ICMA-sentrum by die University of Reading (Verenigde Koninkryk) en die Applied Finance Centre by MacQuarie University (Australi) soortgelyke status ontvang vir hul Meestersprogramme in Risikobestuur en Toegepaste Finansies onderskeidelik. Die Professionele Risikobestuur (PRB)-sertifikaatprogram is die wreldstandaard vir die wreld se top finansilerisiko-beroepslui. Gendosseer deur toonaangewende bedryfs- en toonaangewende graadprogramme, trek dit kandidate uit meer lande as enige ander program vir risikobestuurders.

ERM-II (kyk http:/www.ermii.org/) is in die lewe geroep deur 'n internasionale groep universiteite, hoofsaaklik van die VSA, met 'n fokus op onderwys navorsing en opleiding binne 'n ondernemingswye risikobestuur (ERM) konseptuele raamwerk. ERM-II is in die lewe geroep om in die behoeftes en uitdagings van toekomstige risiko-beroepslui en ondernemingsrisiko-bestuurders te voorsien, en is veral op die aktuarile professie gerig. Talle aktuarile verenigings ondersteun die aktiwiteite van ERM-II, naamlik die Society of Actuaries (VSA), die Casualty Actuarial Society (VSA) en die Institute of Actuaries Australia.

Om akkreditering te verwerf, het beide organisasies (PRMIA en ERM II) die gehalte beoordeel van die Sentrum vir BWI se risikonavorsingsprogramme, die gehalte van die risiko-opleidingsprogramme, die gehalte van personeel wat hierdie programme onderrig (aan die hand van hul CVs) en die samewerking met die finansile bedryf.

Onlangs het die Actuarial Society of South Africa (ASSA), deur sy president, mnr Garth Griffin, prof de Jongh versoek om ASSA op die Global ERM Syllabus Committee van die International Association of Actuaries te verteenwoordig. Wreldwyd raak aktuarisse toenemend betrokke by ondernemingswye risikobestuur, en die doelwitte van die ERM-sillabus is om standaarde en inhoud vir 'n spesialisberoepslui risiko-opleidingsprogram vir aktuarisse saam te stel.

Volgens prof De Jongh is die akkreditering by PRMIA en ERM-II, asook die erkenning deur ASSA, duidelike bewys daarvan dat die risiko-opleidingsprogram van die Sentrum vir BWI en NWU hom as die beste in Suid-Afrika bewys het en verkeer op gelyke vlak met die beste in die wreld. Dit sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van personeel van besondere gehalte van die vakgroepe statistiek, ekonomie, rekeningkunde, wiskunde en rekenaarswetenskap en, natuurlik, NWU-bestuur nie.

Ander internasionale ondernemings van die Sentrum vir BWI sluit in die bemarking van die stelsel wat deur prof Dawie de Jong (UltimateAlpha: om bestuurders in die VK te befonds) en prof A de Waal (AutoGann: aan banke in die VK) ontwikkel is. Prof Machiel Kruger besoek Europa dikwels om kursusse in Risikodimensies, 'n SAS-produk, aan te bied, en onlangs het 'n meestersgraadstudent, Eddie King, sy nywerheidsgerigte navorsingsprojek by Barclays in Londen voltooi. Mnr Ian Wilson (Barclays, Group Credit Risk) het Eddie geloof as die beste meestersgraadstudent met wie hy ooit die geleentheid gegun is om te werk.

Dit is die moeite werd om daarop te let dat Absa (deel van die Barclays-groep) nog steeds hierdie program daadwerklik ondersteun via 'n operasionele ondersteuningstoekenning, 'n beursprogram om 10 MSc-graadstudente jaarliks te lewer en om 'n toegepaste risikonavorsingsprogram tot stand te bring. SAS Instituut het ook 'n RisikoLab by die Sentrum vir BWI op die been gebring. Natuurlik word die meeste programmeringstake van studente in SAS uitgevoer, wat die markwaarde van studente verhoog, aangesien SAS-oplossings wyd in die finansiledienste-bedryf gebruik word.

