Du Plessis se Verbrande paradys n boeiende verhaal van liefde






Prof Hans du Plessis, Direkteur van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging (ATKV)-skryfskool en skrywer van die immergewilde Griekwapsalms, se sesde roman is kraakvars op die rakke.

Di roman, Verbrande paradys, is die verwikkelde verhaal van mense uit die ekologies verbysterende  omgewing van die Vredefortkoepel. Prof Du Plessis se nuwe roman beloof om weer `n blitsverkoper te wees: Dit is `n roman in die tradisie van Dalene Matthee se bosromans, s mnr Danil Hugo in `n verslag oor die boek. Sybrand Venter word in sy laaste skooljaar gedwing om baie vinnig volwasse te word, want sy pa se dood het soos n meteoriet in die lewens van die Venters, die Spogters en die Nels ingeplof. In die middelpunt van die verwikkelinge op Eden staan Reinet Venter met haar geheime verlede.

Dit bepaal die verloop van die ontluikende liefde tussen Sybrand en Emma Nel van die buurplaas. Ook Andries Spogter, die atleet, en Henro Venter, wat so graag wil boer, se lewens bly nie onaangeraak deur di enigmatiese vrou nie. Is die donker toekoms van Eden ook die toekoms van die Koepel?   Die omgewing van die wrelderfenisgebied vorm die ideale ruimte vir di boeiende verhaal. Maar al is bewaring van die omgewing `n tema, is dit nie `n eko-roman nie, ook nie `n tradisionele plaasroman nie. `n Verhaal van liefde, sonder dat dit `n liefdesroman word, die storie van jongmense, maar dit is nie `n jeugverhaal nie.  Verbrande paradys is `n roman wat nie binne die grense van die genres vasgeskryf word nie, maar dit is die intense storie uit die pen van `n Afrikaanse woordkunstenaar wat die leser vir vierhonderd bladsye vashou en aangryp.

?  Meer as 150 publikasies  waaronder artikels in nasionale en internasionale tydskrifte -asook n aantal taalkundeboeke het reeds van hom verskyn. Du Plessis het in 1978 gedebuteer as skeppende skrywer met die digbundel, Kleinwild. Daarna het Gewete van glas verskyn, gevolg deur die roman, Grensgeval. In die vroe negentigs is die jeugroman, Disse flippen stukkende wreld di, my ou, bekendgestel. In 1995 volg die roman, Bakgat, en wat dan van my, in 1996 Ditsem, Dawid en in 2001 die digbundel Innie skylte vannie Jirre, waarvan reeds byna 60 000 eksemplare verkoop is - die hoogste ooit vir enige Afrikaanse fiksie.

In September 2002 verskyn 'n bundel Griekwagedigte oor Hooglied, Boegoe vannie liefde, waarvan daar in die eerste jaar ook 10 000 eksemplare verkoop is. In 2003 verskyn die geskenkboek, Hie neffens my, met foto's deur Heleen Theron. In September 2004 verskyn Splinters, 'n keur uit rubrieke.


Verbrande paradys (Link: /opencms/export/system/galleries/pics/nwu-news/Internet_20_Februarie_2009_pics/final_cover.jpg.pdf), die nuutste roman uit die pen van prof Hans du Plessis, herinner aan Dalene Matthee se bosromans. Dit beloof om lesers vir vierhonderd bladsye vas te hou en aan te gryp.

Saamgestel deur Lieze du Preez

