Internasionale student oorkom struikelblokke






VANDERBIJLPARK  Vir Yifu Zhang, 'n jongman van Yiyang in die Hunan-provinsie van China lyk die toekoms baie belowend.

Di internasionale student aan die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is onlangs tydens 'n prysuitdelingsplegtigheid beloon vir sy besondere deursettingsvermo en akademiese vordering nadat hy sy graad in Opvoedkunde voltooi het.

Na vier en 'n half jaar in Vanderbijlpark sal Yifu eersdaags die Vaaldriehoek vaarwel roep om sy loopbaan as gekwalifiseerde onderwyser in sy tuisdorp te begin. Wat Yifu se prestasie so uitsonderlik maak is die feit dat hy nie net ver van sy vriende en familie was nie, maar ook 'n groot struikelblokke moes oorkom waaronder die taalverskille en nuwe kulturele omgewing die grootste uitdaging gebied het.

Volgens Prof Mary Grosser van die Skool vir Opvoedkundige Wetenskappe is Yifu se prestasie 'n voorbeeld vir almal. Ons het elkeen opnuut weer die les geleer dat indien jy iets werklik met 'n passie nastreef, jy geen moeite sal ontsien om jou doel te bereik nie, s prof Grosser.

Onderwys is astware in Yifu se gene en beide sy ouers bevind hulself in die onderwysberoep. Ek het na Suid-Afrika gekom om my studies te voltooi en om my Engels te verskerp, verduidelik Yifu.  Die student glo dat onderwys 'n universele beroep is wat baie standvastigheid bied.

Yifu ontvang vanjaar die Bed-graad en sy hoofvakke sluit in Rekenaarwetenskap, Aardrykskunde en Wetenskap.



Prof Mary Grosser van die Skool vir Opvoedkundige Wetenskappe en Yifu Zhang.

