n Era word afgesluit met die onthulling van Eloff-skildery






Potchefstroom - Die nuwe jaar se bedrywighede in die rektorskantoor op di kampus het n luisterryke geleentheid ingesluit waartydens die skildery van die vorige rektor amptelik onthul is.

Die spoggerige skildery van dr Theuns Eloff, die sewende rektor van die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hor Onderwys (PU vir CHO) en tans Visekanselier van die (nuwe) Noordwes-Universiteit (NWU), hang nou saam met di van die ses ander vorige rektore in die ontvangsgedeelte by die kantoor van die rektor op die tweede vloer van die Joon van Rooy-gebou.
Lede van die NWU se Institusionele Bestuur (IB) was teenwoordig toe prof Annette Combrink, die huidige rektor, die skildery bekendgestel het. Sy is bygestaan deur prof Maritte Lowes, Viserektor: Akademie.
Prof Combrink het tydens die geleentheid elkeen van die vorige rektore kortliks beskryf. Prof Ferdinand Postma, wat van 1919 tot 1950 rektor was, is bestempel as die man wat n enorme rol in die vestiging van die Universiteit gespeel het. Hy het veral tyd spandeer om geld vir die instelling bymekaar te kry, en as n boer nie geld kon gee nie, is n koei aanvaar. Vandaar die sogenaamde koeifonds.
Na hom was prof Joon van Rooy vir drie jaar lank die rektor. Hy is in 1953 opgevolg deur prof J Chris Coetzee, wat vir tien jaar in die rektorstoel gesit het.
Daarna het prof Hennie Bingle aan die beurt gekom. Sy bynaam was Klipoog  hy was baie streng en n opvoedkundige in die ware sin van die woord. Bingle was van 1964 tot 1977 aan die bestuur van sake.
Prof Tjaart van der Walt, n teoloog, het in 1977 sy intrek in die rektorskantoor geneem en die universiteit tot in 1988 bestuur. Hy is opgevolg deur prof Carools Reinecke, wat van 1989 tot 2001 die leisels gehou het.
Prof Combrink het na Reinecke se bynaam verwys as CSS Carools s so. Hy was ook n streng man, maar iemand wat daarin geslaag het om die Universiteit se navorsing goed op dreef te kry.
Dr Eloff was vanaf 2002 tot 2003, die kort tyd voor die stigting van die nuwe universiteit, in die rektorstoel.

Hy het Combrink vir die gebaar en sy plekkie in die hoek bedank. Volgens hom is dit beduidend dat daar nie n streep deur die verlede getrek word nie, maar eerder n pad van samewerking aangedui word. Sy skildery is deur Diane McLean gedoen. Die meeste van die vorige skilderye is die werk van Fleur Ferri, wat afgetree het.





