Gholfdag verstewig Kanselierstrustfondse






Institusionele Kantoor - Die onlangse Kanselierstrust-gholfdag waarin die voormalige staatspresident, mnr FW de Klerk gespeel het, het sowat R50 000 vir di fonds opgelewer.

Mnr  de Klerk het tydens die prysuitdeling ges hy het destyds besluit om n wesenlike deel van sy Nobelprys in die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) te bel. Hy het di fonds in September 1994 gestig om die funksionele status van Afrikaans te behou en uit te bou.

Ek is trots op die kreatiewe wyse waarop fondse aangewend is. Afrikaans staan sterk as n eerste en tweede taal in die land, maar moet nog n paar struikelblokke oorkom. Ons moet planne maak om jongmense met innoverende projekte sover te kry om Afrikaans na aan hul bors te dra.

Die Visekanselier van die NWU, dr Theuns Eloff, het ges die trust het die afgelope dertien jaar meer as R1 miljoen aan voetsoolprojekte vir Afrikaans buite die akademiese wreld bestee.

Die wenners van die gholfdag was twee gaste van die Vaaldriehoek, Mnre Camm Dickson en Bronkie Bronkhorst.




Die span van mnr FW de Klerk wat in die Kanselierstrust-gholfdag gespeel het, is mnr Danie Cronj, voormalige Kanselier van die Potchefstroomkampus van die NWU, De Klerk, dr Theuns Eloff, Visekanselier van die NWU, en dr Leon Wessels van die Menseregtekommissie.



 Die wenners van die Puk-Kanselierstrust se gholfdag is Camm Dickson (links) en Bronkie Bronkhorst (regs), saam met mnre FW de Klerk en Danie Cronje en dr Theuns Eloff, Visekanselier van die NWU.

