Nuwe Universiteitslied






[Luister na die lied,&nbsp; lees die woorde,&nbsp;&nbsp;kommentaar] (Link: http://www.nwu.ac.za/nwu/songpoll/songpoll_a.html)

Daar is geskryf, gekomponeer en geluister. Kommentaar is ingewin en personeellede en studente het hul keuse gemaak. Dit is finaal - die Noordwes-Universiteit se nuwe (en eerste) universiteitslied is gekies en gaan nou op al die kampusse gesing word.

Die oorgrote meerderheid het aangedui hulle verkies die tweede weergawe van die voorgestelde lied sedert dit maande terug vir kommentaar en insitte beskikbaar gestel is.

Die institusionele bestuur het  na die omvattende konsultasieprosesse op al die kampusse -  gedurende April eenparig besluit dat die tweede weergawe goedgekeur word.

Die komposisie van prof. Awie van Wyk is reeds verlede maand by die inhuldingingsgeleentheid van die kansellier en visekansellier en die amptelike bekendstelling van die nuwe Noordwes-Universiteit gesing deur n gesamentlike koor van al die kampusse.

Die nuwe aanvaarde lied sal nou breedvoerig bekendgestel en onder alle rolspelers bevorder word.

Ek is trots daarop dat die lied ons eie inhuis-produksie is,  se dr. Theuns Eloff, visekansellier.

Hy het prof. Hein Viljoen geprys vir die lirieke wat in samewerking met mnr. Tshwaro Abram Pule, me. Vera Motsilanyane en me. Thersio Tsambo  van die Mafikengkampus geskryf is.  Hulp en advies rakende  Setswana is van dr. Rigardt Pretorius, mnr. JohanZerwick, dr. Maria Letsie en me. Karien Brits van die Potchefstroomkampus ontvang.

Van Wyk en Hein Louw was verantwoordelik vir die musiek,  terwyl Pieter de Bruin vir die ontwikkeling en orkestrasie gesorg het.

* Daar is nog nie n besluit geneem of die nuwe lied die onderskeie kampusliedere sal vervang nie. Die saak kan waarskynlik na die voltooiing van die visioneringsproses gefinaliseer word.


Die NWU-koor sing die nuwe Universiteitslied tydens die inhuldiging van die Kanselier en Visekanselier op 14 April 2004

