Oud-Puk is sportsielkundige vir Brumbies






Potchefstroom - n Oudstudent van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is pas as sportsielkundige van n Super 14-span in Australi aangewys.

Dr Pieter Kruger is deur die Brumbies gekontrakteer om toepaslike span en individuele sielkundige assesserings en intervensies te behartig. Kruger was die afgelope drie jaar by die bekende Harlequins-span in Londen betrokke.

Die vorige afrigter van die Harlequins, Andy Friend, is deur sy tuisland gewerf om die Brumbies af te rig. Hy het sy eie bestuurspan saamgestel en Kruger gevra om die span se sportsielkundige vir die komende seisoen te wees.

Weens Dr Kruger se betrokkenheid by die Harlequins en die feit dat hy n vennoot in n privaat praktyk in Londen is, kon hy nie permanent na Australi verhuis nie.

Dr Kruger het n kleurryke loopbaan van meer as tien jaar by rugbyspanne in Suid-Afrika en Engeland agter die rug. Hy het as student betrokke geraak by die o.14- en o.15-spanne van Potchefstroom Gimnasium, wat albei die halfeindstryde van die nasionale skoletrofee gehaal het. Hy het sy BA-graad, en twee honneursgrade in psigologie en sportwetenskap met lof aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hor Onderwys (PU vir CHO) verwerf.

N hy sy meestergraad in kliniese sielkunde ook met lof aan die Vrystaatse Universiteit (UV) behaal het en sy internskap en gemeenskapsdiensjare voltooi het, het hy na die Puk teruggekeer om sy doktorsgraad in sportsielkunde te verwerf. Hy het sy navorsing gedoen oor die Super 12-spanne en in 2003/4 opgetree as konsulterende sportsielkundige vir Rudy Joubert se Super 12 Bulls.

In 2004 was Kruger die sportsielkundige vir die NWU-Puk se Rugbyinstituut en het die eerste span gehelp om die Suid-Afrikaanse Studentesportunie SASSU-kampioenskap en die Super Sport nasionale klubkampioenskap vir die eerste keer in die bestaan van die NWU-Puk te wen. Hy was ook sportsielkundige vir Mnr Peter de Villiers se o.21-span wat in die Wreldbeker vir o.21-spanne gespeel het.

In 2005 het hy na die Luiperds rugby-unie vertrek, wat in daardie jaar die eindstryd van die Vodacom-beker gehaal het, asook in die Curriebeker se top agt gespeel het. Hy was benewens sy bedrywighede by die Luiperds, ook n dosent in sportsielkunde by die NWU-Puk en het ook n kliniese sielkunde-praktyk bedryf.

Dr Kruger het in 2006 na die Verenigde Koninkryk verhuis en gou as sportsielkundige by die Harlequins aangesluit. In Londen het hy sy werk in kliniese, bedryfs- en sportsielkunde voortgesit en  aan die Albert Ellis Instituut in New York en die Beck Instituut in Philadelphia in die VSA verder studeer. Hy is tans ook n senior lektor in die Departement Sielkunde aan die London Metropolitan University.

Dr Kruger het die Harlequins die afgelope drie jaar gehelp waar hulle in die Guinness Premierskap gespeel het en word hoog aangeskryf n in die Europese Heineken-beker.

Dr Kruger s dit is vir n sportsielkundige in n spansport van kritieke belang om die balans tussen span- en individuele prosesse te bewerkstellig. Vanuit n spanperspektief moet spelers dieselfde visie op die veld deel en ook daartoe in staat wees om onder groot druk duidelik te kan kommunikeer.

Dr Kruger is getroud met n oud-Potchefstromer, Suzanne Mulder, wat tans by n privaat praktyk in Londen as n mediese dokter praktiseer.





Dr Pieter Kruger saam met die bekende Wallabie-kaptein, Mnr Stirling Mortlock, tydens n oefening van die Brumbies. Mortlock is ook die kaptein van die Brumbies.



Dr Pieter Kruger en Mnr Andrew Mehrtens, die bekende Nieu-Seelandse skopper, tydens n jaareindfunksie van die Harlequins.



Dr Pieter Kruger by Twickenham Stoop, die Harlequins se tuisgronde, kort voor n wedstryd.

Vir meer inligting:
Dr Pieter Kruger se e-posadres is P.Kruger@sky.com (Link: mailto:P.Kruger@sky.com)

