Harmoniste wen trofee in Europa






Potchefstroom - Die Boulevard Harmoniste van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het die afgelope vakansie n prag-trofee tydens n internasionale Kersfees-koorkompetisie in die Tsjeggiese Republiek gewen.

Die Harmoniste, die Pukkampus se elite A Capella sang-ensemble, het die Prague Christmas International Competition vir kleiner kore gewen. Sowat 25 kore van hoofsaaklik Europa en Asi het in twee afdelings meegeding. n Russiese koor het die afdeling vir groter kore gewen.

Volgens mnr Peet Ryke van die Departement Kultuur, wat die toerleier was, het die groep van ses lede elf konserte in Serwi, Hongarye, Pole, die Tsjeggiese Republiek en Oostenryk gehou.

Ryke s die toer is deur die Departement onderneem om begaafde studente aan die Europese musiekkultuur bekend te stel en om hul kuns-horisonne te verbreed. Ons het ook ons Suid-Afrikaanse musiek aan gehore in di lande bekend gestel, verduidelik mnr Ryke.

Hy s konserttoere soos di is van onskatbare waarde vir talentvolle studente se kulturele menswees. Dit is waar hulle hul kunstenaarskap, opleiding, kuns- en kultuurkennis, asook hul visie en beskouing van die wreld kan verbreed.

Die Boulevard Harmoniste bestaan uit ses lede waarvan vyf huidige of oudstudente van die skool vir musiek is. Me Mandie de Villiers-Schutte van die Skool vir Musiek het as hulle afrondingsleier tot die groep se sukses bygedra.

Ryke s die koor is baie trots op die trofee van loodglas wat hulle ingepalm het.



Die Boulevard Harmoniste van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchesftroomkampus is (agter) Annari van Jaarsveld en Marnus Nothnagel. Voor is Marshell Lombard, Grethe Uren, Pierre-Louis le Grange en Jana du Plooy.

