NWU spog met meer as 6 000 eerstejaars






Institusionele Kantoor - Die Visekanselier en die drie Rektore van die Noordwes-Universiteit (NWU) het hul hande vol gehad tydens die verwelkoming van die sowat 6 200 eerstejaarstudente op die verskillende kampusse.

By die Potchefstroomkampus is sowat 4 200 aansoeke uit die sowat 4 800 aanvaar terwyl Mafikengkampus met 1 200 aansoeke spog. Meer as 800 eerstejaars is ook vanjaar by die Vaaldriehoekkampus geregistreer  n rekordgetal registrasies.

Prof Annette Combrink, Rektor van die Potchefstroomkampus, het die eerstejaars op 17 Januarie verwelkom toe meer as 12 000 mense di kampus besoek het. Prof Piet Prinsloo, Rektor van die Vaaldriehoekkampus, het sy eerstejaars die 23ste verwelkom, terwyl prof Dan Ngwadi, Rektor van die Mafikengkampus, sy nuwelinge die 26ste ontvang het.

Die Visekanselier, dr Theuns Eloff, het in sy boodskap aan die studente en hul ouers op die Universiteit as ? belangrike en gerekende rolspeler in die veld van hor onderwys in Suid-Afrika gefokus. Hy het voorts genoem dat die Universiteit nou finaal die samesmeltingshoofstuk kan afsluit en met sekerheid die toekoms tegemoet kan loop.

Hoogtepunte wat deur die dr Eloff uitgewys is, sluit onder meer in PricewaterhouseCooper se 2007-Korporatiewebestuurstoekenning vir Uitnemendheid in Horonderrig wat die NWU in 2008 ontvang het, die toekenning in 2008 deur die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad vir die grootste bydrae tot meertaligheid en nasiebou gedurende die afgelope tien jaar in die Suid-Afrikaanse horonderwyssektor, asook die aanwysing deur die Departement Wetenskap en Tegnologie van die NWU as die mees progressiewe tegnologies-innoverende universiteit in Suid-Afrika.



Die Visekanselier, dr Theuns Eloff, het die opening op die Vaaldriehoekkampus behartig. Hy word omring deur eerstejaars asook die Kampusrektor, prof Piet Prinsloo, en die Studenteraadsvoorsitter, Siphiwe Mbata.



Een van die bekende omroepers op Radio Sonder Grense (RSG), mnr Niekie van den Berg, het sy jongste dogter, Carla, aan die Potchefstroomkampus ingeskryf. Carla was in Horskool Florida en gaan BA Kommunikasie studeer.



Van die eerstejaars wat hulle vanjaar aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) ingeskryf het. Van links na regs is Edward Dipheko van Ga-Khunwama in Noordwes, wat onderwys gaan studeer, Corn Zandberg van Reitz, wat BCom Regte gaan studeer, dr Theuns Eloff, Visekanselier van die NWU, prof Annette Combrink, Kampusrektor, en Dale Abercrombie van Mafikeng, wat LLB gaan studeer. Voor is twee skoolmaats van Alberton, Inge Venter, wat BA Menslike Bewegingskunde gaan studeer, en Mandy Ryan, wat BSc Mikrobiologie gaan studeer.



n Eerstejaarstudent met sy aankoms op die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU).

