Skool vir Elektriese, Elektroniese en Rekenaarsingenieurswese sorg weer vir n wenplek






Potchefstroom - Die Skool vir Elektriese, Elektroniese en Rekanaaringenieurswese op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) bly op die wenpad.

Die nuutste prestasie op die lys van die Skool se rits skitterende werk is n eerste plek in die Suid-Afrikaanse Instituut vir Elektriese Ingenieurs (SAIEE) se nasionale kompetisie.

Jacques Germishuys is verlede jaar aangewys as die student met die beste finalejaarsprojek in Suid-Afrika. Jacques het die wenplek verseker met n indrukwekkende ossilloskoop wat hy gebou het.

Volgens mnr Christo van der Merwe, sy studieleier en dosent by die Skool vir Elektriese. Elektroniese en Rekenaaringenieurswese, is die meetinstrumente wat elektroniese ingenieurs gebruik in die algemeen baie duur, veral vir studente. Jacques het 'n goedkoop ossilloskoop teen n totale koste van sowat R3 000 ontwikkel wat deur studente gebruik kan word om metings op hulle rekenaars te vertoon.

Die toestel word bloot by die USB-poort ingeprop en kan dan seine meet, analiseer en stoor vir latere gebruik. Wat die produk merkwaardig maak is dat dit volledig funksioneel is en baie naby aan 'n bemarkbare produk is. Jacques het baie goeie terugvoer van die beoordelaars gekry, het Van der Merwe verduidelik.

Die slimkop van die NWU-Puk het studente van sewe ander universiteite in Suid-Afrika uitgestof en n prysgeld van R3 000 ontvang. Prof Jan de Kock, Direkteur van die Skool, het ges hulle is voorwaar trots op die prestasies van die afgelope jaar. Die Skool se derdejaars het onlangs die Siemens Cyber Junkyard-kompetisie vir Industrile Outomatisering gewen. Dit beteken die skool spog vanjaar met die beste derdejaars  sowel as die vierdejaarsprojek.



Jacques Germishuys, die NWU-Pukstudent, wat aangewys is as die nasionale wenner van die kompetisie van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Elektriese Ingenieurs (SAIEE), saam met sy studieleier, mnr Christo van der Merwe (links) en mnr Victor Wilson, President van die Instituut.



Die indrukwekkende USB-ossilloskoop van Jacques Germishuys.

