Botaniese tuin spog met nuwe bome






Potchefstroom - Die spog botaniese tuin van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs n paar bome ryker geword.

Die hoof van die tuinbou-advieskomitee van die botaniese tuin en plantkundedosent, prof Sarel Cilliers, het ges hoewel boomplantdag reeds verby is, is dit nou n goeie tyd van die jaar om bome in die Potchefstroom-gebied te plant. Verskeie akademici het gehelp om die wildeperske, witolien en ouhout bome te plant.

Die Puk se botaniese tuin is onlangs by Botanical Garden Conservation International geregistreer en is een van slegs twee botaniese tuine in die land by n universiteit wat by BGCI geregistreer is. Dit is ook die enigste erkende botaniese tuin in Noordwes.

Prof Cilliers s die tuin is in 1962 ontwikkel en is sedert 2003 met die hulp van die kurator, mnr Peter Mortimer, en sy opvolger mnr Martin Smit, weer na sy oorspronklike toestand verbeter. Smit is tans besig om die sowat 1 500 spesies in die tuin met naambordjies te merk.
Die botaniese tuin word primr aangewend om plantmateriaal vir opleiding te verskaf, asook navorsingsondersteuning aan die universiteit. Cilliers s sowat 700 studente gebruik van die spesies in hulle opleiding.

Hy s skaars en bedreigde inheemse plante word in die tuin bewaar en verskaf belangrike inligting aan die publiek oor watter plantsoorte in die gebied aard en omgewingsbewaring in die algemeen.

Leerders van Seiphemelo Sekondre Skool wat ook opgelei word as junior veldwagters het die boomplantseremonie saam met hulle onderwyser, mnr John Tlale, bygewoon. Tlale is self n ere-velwagter.  n Kunsgalery is pas in die tuin voltooi waar uitstallings binnekort gehou sal word.

Enige besoekers is welkom om die tuin weeksdae te besoek tussen 08:00 en 16:30 in die somer en tot 16:00 in die winter.   Belangstellendes kan mnr Smit by 018 299 2753 skakel.



FOTO 05:  Prof Daan van Wyk, viserektor kwaliteit en beplanning, plant n wildeperskeboom terwyl sy kollegas toekyk. Van links is proff Kobus Pienaar, dekaan van natuurwetenskappe, Huib van Hamburg, Direkteur van die Skool vir Omgewingswetenskappe en -Ontwikkeling, Sarel Cilliers, Plantekundedosent en Hoof van die tuinbou-advieskomitee van die botaniese tuin, en Martin Smit, Kurator van die botaniese tuin.



Leerders van Seiphemelo Sekondre Skool wat ook opgelei word as junior veldwagters, kyk toe terwyl die Dekaan van Natuurwetenskappe, prof Kobus Pienaar, n witolienboom plant. Agter is prof Huib van Hamburg, direkteur van die skool vir omgewingswetenskappe en -ontwikkeling, Tsholofelo Kolise, Ntshepe Ramosena, prof Daan van Wyk, Viserekt: Kwaliteit en Beplanning, Shadrak Tshabalala, Mr John Tlale, Ere-veldwagter en Onderwyser by Seiphemelo, en Kelvin Khumisi.

