President van die Mediese Navorsingsraad besoek NWU






POTCHEFSTROOM - Die president van die Mediese Navorsingsraad (MNR) van Suid-Afrika het onlangs n eregaslesing op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) gelewer.

Prof Anthony Mbewu het sy lesing gelewer oor gesondheid is nie n uitgawe nie, maar n belegging. Hy het die belangrike en noodsaaklike rol wat gesondheidswetenskappe se navorsing vir Suid-Afrika se bevolking speel, uitgelig. Hy het ges die Fakulteit Gesondheidswetenskappe en ander instansies in die land se navorsing word baie hoog deur die MNR aangeslaan omdat dit positiewe ingrepe op die bevordering van almal se gesondheid het.

Twee hooggeplaastes van die MNR, proff Pieter Jooste, n buitengewone professor by Voeding, en Andr Oelofse van die Universiteit van Pretoria het die dag bygewoon.

Die programme van die Fakulteit se ses navorsingsentiteite is ook aan die besoekers bekendgestel. Die entiteite sluit die Sentrum van Uitnemendheid vir Voeding, die Afrika Eenheid vir Transdissiplinre Gesondheidsnavorsing, die nisarea Hipertensie in Afrika navorsingspan, die Eenheid vir Geneesmiddelnavorsing en Ontwikkeling, asook die nisareas Medisyneverbruik in Suid-Afrika en Fisiese Aktiwiteit, Sport en Rekreasie in.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe dat die president van die MNR die Kampus besoek.



Proff Maritte Lowes, Viserektor: Akademie, Annette Combrink, Kampusrektor, Andr Oelofse van die Universiteit van Pretoria, Anthony Mbewu, president van die MNR, Pieter Jooste van die MNR, en Marlene Viljoen, Dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe.

