NWU-navorsers skitter






Vir die eerste keer in die Noordwes-Universiteit (NWU) se geskiedenis is `n Navorser van die Jaar, `n Junior Navorser van die Jaar en `n Navorsingsentiteit van die Jaar aangewys by die Toekenningseremonie vir Uitnemendheid in Navorsing wat onlangs in Potchefstroom plaasgevind het.

Prof Ian Rothmann van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe op die Potchefstroomkampus is aangewys as 2007 se Navorser van die Jaar, en prof Louis Kotz van die Fakulteit Regte, ook op die Potchefstroomkampus, as 2007 se Junior Navorser van die Jaar. Die Navorsingsentiteit van 2007 is die Afrika-eenheid vir Transdissiplinre Gesondheidsnavorsing (AUTHeR), waarvan prof Est Vorster die Direkteur is. Hierdie entiteit is binne die Fakulteit Gesondheidswetenskappe op die Potchefstroomkampus gele.

Erkenning is ook gegee aan 11 navorsers wat nuwe graderings van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) ontvang het, sowel as aan 22 wat hergradeer is en aan vier nuut aangestelde NNS-gegradeerde navorsers van ander universiteite.

Volgens prof Amanda Lourens, Institusionele Direkteur: Navorsingsondersteuning, is die verkryging van ? NNS-gradering `n uitsonderlike prestasie  slegs 10% van alle navorsers aan Suid-Afrikaanse universiteite slaag daarin om dit te behaal.

Die NWU se navorsingstoekenningskema is gebaseer op uitstaande navorsingsprestasie in `n spesifieke verslagjaar, en vanjaar se toekennings is gedoen op grond van 2007 se navorsingsuitset.
Die wenners van die S2A3- en ABSA-medaljes vir die beste magisterstudente op die gebied van, onderskeidelik, Wetenskap, Ingenieurswese en Tegnologie; en Sosiale en Geesteswetenskappe het ook erkenning gekry tydens die galadinee. Mnr Petrus Jansen van Vuren van die Fakulteit Natuurwetenskappe was die ontvanger van die S2A3-medalje terwyl die ABSA-medalje toegeken is aan prof Nico van der Merwe van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Albei is van die Potchefstroomkampus.

Vir meer inligting oor die navorsingstoekenningskema, kontak asseblief vir prof Amanda Lourens by Amanda.Lourens@nwu.ac.za (Link: mailto:Amanda.Lourens@nwu.ac.za) of (018) 299 4848.



By die Toekenningseremonie vir Uitnemendheid in Navorsing was, van links na regs: prof Maritte Lowes, Viserektor: Akademie, Potchefstroomkampus, prof Amanda Lourens, Institusionele Direkteur: Navorsingsondersteuning, prof Annette Combrink, Rektor: Potchefstroomkampus, prof Ian Rothmann, Navorser van die Jaar, prof Est Vorster, Direkteur van AUTHeR, die Navorsingsentiteit van die Jaar, en dr Theuns Eloff, Visekanselier, NWU.

