Navorsingstoekenning om besoedeling te bekamp






Arcelor Mittal Steel het 'n navorsingstoekenning ter waarde van R240 000 aan die Noordwes-Universiteit (NWU) gemaak om hulle te help om hul besoedelingsprobleme hok te slaan.

Hierdie multidissiplinre projek, wat dissiplines soos ingenieurswese en omgewingswetenskappe kan insluit, streef daarna om met oplossings vorendag te kom vir die besoedeling wat veroorsaak word deur slykstorting by die staalmaatskappy se Holfontein-aanleg.

In ooreenstemming met Arcelor Mittal Steel se doelwit om 'n poel hoogs opgeleide jong swart Suid-Afrikaanse ingenieurs vir die toekoms te vestig, sal 'n beurs ter waarde van R120 000 per jaar aan verdienstelike swart studente toegeken word vir hierdie navorsing.

'n Afvaardiging gelei deur die maatskappy se me Marianne Thompson, Fasiliteerder: Transformasie het die NWU ontlangs besoek vir samesprekings en om die tjeks te oorhandig.

Daar is nog befondsing beskikbaar; daarom wil ons h die Universiteit moet vir ons s watter aansporingsmaatrels nodig is om swart Suid-Afrikaners aan te moedig om meesters en doktorsgraadstudies aan te pak, het me Thompson ges.

Die vergadering tussen Arcelor Mittal Steel en die NWU was daarop gemik om meer formele bande tussen die twee instellings te bewerkstellig, veral met die oog op die maatskappy se Wetenskapsentrum. 'n Voorbeeld van die samewerking wat reeds bestaan, is die Universiteit se gemeenskapsprojek, Ikateleng. Arcelor Mittal Steel is een van die borge van die projek, wat belowende graad 12-leerders voorberei vir hul matriekeksamen.



Teenwoordig by die oorhandigingseremonie is voor van links: mnr Funani Mojono, Besturende Direkteur: Collect-A-Can, en prof Johan Fick, Dekaan: Fakulteit Ingenieurswese, Potchefstroomkampus.  Agter van links is: Prof Maritte Lowes, Viserektor: Akademie, Potchefstroomkampus, dr Themba Mosia, Institusionele Registrateur, NWU, me Marion Green-Thompson, Transformasiebestuurder, Arcelor Mittal Suid-Afrika, en me Matahbo Phomane, Bestuurder: Openbare Betrekkinge, Collect-A-Can.

