NWU steun die 16 dae van aktivisme vir die veldtog: Geen geweld teen vroue en kinders






Stel julle voor as daar vir 16 dae geen verkragting, geen kindermolestering, geen seksuele teistering, geen emosionele mishandeling is nie. In Suid-Afrika word daar elke veertien minute n verkragtingsaak aangemeld, elke uur en n kwart word n vrou of kind onsedelik aangerand, en elke twee uur word n saak van kinderverwaarlosing aangemeld.

Dit behoort meer as genoeg rede tot kommer te wees en meer as genoeg rede vir almal om betrokke te raak by watter program ookal nodig is om hierdie monster die nek om te draai. Die 16 dae van aktivisme vir die veldtog: Geen geweld teen vroue en kinders daag Suid-Afrikaners uit om geweld teenoor die weerloses in ons gemeenskap vir 16 dae lank te staak  en om dit uiteindelik n permanente situasie te maak.

Hierdie veldtog is n internasionale een en het ontstaan by die eerste Womens Global Leadership Institute wat in 1991 deur die Centre for Womens Global Leadership geborg is. Alhoewel die wreldwye veldtog slegs op geweld teenoor vroue fokus, het Suid-Afrika kinders by sy veldtog gevoeg as gevolg van die ho voorkoms van kindermishandeling in die land.

Suid-Afrika wil vir die elfde keer in sy veertien jaar as n demokrasie aan hierdie veldtog deelneem om die gruwel van geweld teen vroue en kinders hok te slaan. Die veldtog skop af op 25 November  die Internasionale Dag vir Geen Geweld teen Vroue, en word op 10 Desember  Internasionale Menseregtedag  afgesluit.

Hierdie veldtog is slegs een van die regering se jaar lange, gentegreerde en kruis-sektorale veldtogte om geweld teen vroue en kinders uit te wis. Die veldtog hoop om by te dra tot die regering se primre ontwikkelingsdoelwit wat poog om individue se menswaardigheid binne die konteks van n veiliger gesinsopset en gemeenskap te herstel.

Die veldtog gebruik elke jaar die wit strikkie as n simbool van persoonlike en organisatoriese verbintenis tot die uitwissing van geweld teen vroue en kinders. Die wit strikkie simboliseer die verbintenis van die draers om nooit geweld teen die weerloses te pleeg of goed te keur nie, en om standpunt in te neem teen geweld waar hulle dit tekom.

Die NWU is trots daarop om aan hierdie veldtog deel te neem en ons verbintenis tot hierdie saak te toon. Ons neem aktief deel en deur middel van hierdie videoboodskap (Link: http://www.nwu.ac.za/static-content/16DaysCampaign.wmv)  moedig ons ons personeel, studente en belanghebbers aan om hulle wit strikkies te dra en hulle stemme te laat hoor.

