Rekordgetal studente ontvang kunsteadministrasie-sertifikate






POTCHEFSTROOM - n Rekordgetal studente het na nege maande se intensiewe opleiding pas hulle sertifikate in kunste-administrasie van Artma aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) ontvang.

Vanjaar is 33 studente van oor die hele land uit 622 aansoeke gekeur om di gewilde kursus in Potchefstroom te doen.

Volgens die bestuurder van Artma - die Instituut vir Kunstebestuur en ontwikkeling, mnr Chris de Bruyn, het hulle vanjaar vir die eerste keer n nasionale veldtog van stapel gestuur om studente te werf. Uiteindelik is slegs 33 uit Noordwes, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en die Oos-Kaap gekeur.

Een van die studente, me Omphemetse Mokgosi, het ges hulle pluk die vrugte van hulle harde werk die afgelope nege maande en dat elke student nou vir die land en die wreld moet wys waartoe hulle in staat is. Die Suid-Afrikaanse kunstebedryf wag vir ons, kom ons wys vir hulle wat ons kan doen, het sy bygevoeg.

Die Departementshoof van Kultuur op die Potchefstroomkampus, mnr Horst Btow, het ges die studente moes as deel van hulle kursus n projek van 15 produksies van die begin tot einde vir Aardklop 2008 beplan, rel en uitvoer. Hulle is ook op twee akademiese besoeke na Johannesburg en Pretoria geneem waar hulle aan bekende kuns- en kultuurstrukture en -organisasies bekendgestel is.

Volgens mnr Btow dek die kursus verskeie onderwerpe in bestuurs- en organisatoriese aspekte in die kunste-omgewing. Alles word gedoen om leerders beter toe te rus in die beginsels van kunste-administrasie sodat hulle n bydrae tot die ontwikkeling van kuns in hulle eie woongebiede te lewer, het hy ges.

Die kursus is vanjaar met die bydrae van die Media, Advertising, Printing, Publishing and Packaging Seta (MAPPP-Seta) vir die vierde keer aangebied. MAPPP Seta het R35 000 per student vir die kursus bygedra.



Van links is mnre Chris de Bruyn, bestuurder van Artma, Romeo Langeveld, administratiewe beampte van Artma, Fani Moropa van Witbank wat die trofee as die beste student verower het, me Thendo Nkhumeleni van Thohoyandou in Limpopo, en mnr Mosiuoa Lebone, van die MAPPP-Seta.

