CTexT lewer speltoetsers aan die regering vir evaluasie






POTCHEFSTROOM - Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT) aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs speltoetsers vir 10 Suid-Afrikaanse tale aan die Departement Kuns en Kultuur afgelewer vir evaluasie.

CTexT en die Departement se Nasionale Taaldiens (NTD) het aan die einde van 2006 die kontrak vir hierdie projek gesluit. Die doel van die projek was om speltoetsers wat spesifiek pasgemaak is vir die regeringsdomein, te ontwikkel. Die speltoetsers sluit pasgemaakte weergawes van die reeds bestaande Afrikaanse, isiXhosa, isiZulu, Sepedi en Setswana speltoetsers en eerstegenerasiespeltoetsers vir Sesotho, Tshivenda en Xitsonga, en tweedegenerasiespeltoetsers vir isiNdebele en Siswati in.

CTexT het die speltoetsers by die NTD gaan aflewer en 'n werkswinkel aangebied wat bygewoon is deur die evaluasiekerngroep van die Nasionale Taaldiens. Gedurende die werkswinkel het Sulne Pilon, lid van CTexT se bestuurskomitee, verduidelik hoe speltoetsers werk en wat gebruikers van 'n speltoetser kan verwag. Sy het klem gel op die feit dat speltoetsers nie die konteks waarbinne 'n woord voorkom in ag kan neem nie en dat dit daarom nie die verkeerde gebruik van 'n reggespelde woord as fout sal merk nie.

Die Departement is verseker dat die data wat in die speltoetsers gebruik is deur linguiste nagegaan is en dat die resultate van die speltoetsers ingevolge internasionaal aanvaarde standaarde is. Dit beteken dat al die speltoetsers se leksikale herroepping (die vermo om korrekgespelde woorde as korrek te herken) en foutherroeping (die vermo om verkeerdgespelde woorde as foute te merk) hor as 90% is.

Die speltoetserprojek, wat toegeken is aan CTexT van die NWU, is een van die Departement Kuns en Kultuur se groot inisiatiewe in die area van Mensetaaltegnologie. Die doel daarvan is om die kwaliteit en konsekwentheid van dokumente wat geskryf word in of vertaal word na amptelike landstale te verbeter. Sodoende dra  dit ook by tot die implementering van die nasionale

Taalbeleidsraamwerk, s dr Mbulelo Jokweni, Hoofdirekteur van die Nasionale Taaldiens.Regeringsvertalers sal die speltoetsers evalueer en terugvoer aan CTexT lewer. Die finale weergawes van die speltoetsers sal vroeg in 2009 amptelik aan die Departement Kuns en Kultuur oorhandig word.



Agter van links na regs is mnr Tshikani Mabasa, me Christine Marais, dr Mbulelo Jokweni, Hoofdirekteur: Nasionale Taaldiens en me Alice Motsei, almal van die Nasionale Taaldiens.  Voor van links na regs is me Sulne Pilon, CTexT-bestuur, mnr Romeo Mohare van die Nasionale Taaldiens en mnr Martin Puttkammer, CTexT-bestuur.

