Ferreira wr as jong navorser beloon






POTCHEFSTROOM - n Navorser op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is die wenner van die Third World Academy of Science (TWAS ) toekenning vir jong navorsers vir 2008.

Di eer het prof Stefan Ferreira van die Skool vir Fisiese en Chemiese Wetenskappe te beurt geval.

Hy het van Suid-Afrika se voorste navorsers bendruk met sy navorsing, sy goeie rekord om nagraadse studente op te lei, die potensile bydrae wat sy navorsing vir die land se gemeenskap kan oplewer, en sy betrokkenheid om die openbare bewustheid van wetenskap te bevorder.

Die hoofdoel van TWAS is om wetenskaplikes in ontwikkelende lande te erken en te ondersteun wat buitengewone bydraes tot die bevordering van wetenskap maak. Die bydraes word gemeet aan die getal en die uitwerking wat die wetenskaplike se navorsingsartikels in internasionaal erkende publikasies gehad het. TWAS word deur ASSAF (Academy of Science of South Africa) geadministreer.

Prof Ferreira het sy navorsing begin met die numeriese modellering van die beweging van gelaaide deeltjies (kosmiese strale) binne die son se invloedsfeer, wat as die heliosfeer bekend staan. Die navorsing sluit die modulasie van lae energie Jupiter-elektrone in, die effek van die son se aktiwiteit-siklusse op die voortplanting van kosmiese strale asook die versnelling van deeltjies by die terminasieskok van die sonwind.

Hy is ook die afgelope paar jaar besig met n nuwe projek oor die hidrodinamiese modellering van die heliosfeer, ander astrosfere, asook skokgolwe wat voortplant in die interstellre medium na n sterontploffing (supernova). Hy werk ook op n gereelde basis met oorsese navorsingsgroepe saam wat betrokke is by die Ulysses-sending van die Europese Ruimte-agentskap (ESA), asook die Voyager 1 en 2-sendings van die Amerikaanse Ruimte-agentskap (NASA).

Prof Ferreira het in 2007 n toekenning vanInternational Union for Pure and Applied Physics (IUPAP) as jong wetenskaplike ontvang en in 2006 die Presidentstoekenning van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) vir jong navorsers wat as toekomstige leiers in hul navorsingsveld beskou word.

Hy was in 1993 n eerstejaarstudent aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hor Onderwys (PU vir CHO) en het na sy BSc graad, sy meesters- en doktorsgrade verwerf. Hy is in 2000 as lektor in Fisika aangestel, was twee jaar later n senior lektor en is verlede jaar as medeprofessor in di vakgebied aangestel. Hy het ook in 2002 vir ses maande in Duitsland aan die Ruhr-Universitt, Bochum, navorsing gedoen.



Prof Stefan Ferreira van die Skool vir Fisiese en Chemiese Wetenskappe op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU).          

