Gerber aangewys as Roscar-beoordelaar






POTCHEFSTROOM - n Dosent in dokumentre video van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus is aangewys as n beoordelaar in die belangrikste en grootse natuurhistoriese filmfees in Suid-Afrika.

Prof Attie Gerber van die Skool vir Kommunikasiestudies gaan saam met n uitgelese groep internasionale filmmakers, kenners en bedryfsleiers dokumentre films beoordeel wat vir die jaarlikse Wild Talk Filmfees in Durban ingeskryf word.

 Die hoogtepunt van die filmfees is die Roscar-toekennings en prof Gerber is n beoordelaar in die kategorie eko-toerisme.

Di filmfees, wat volgende jaar vanaf 19 tot 23 April gehou word, lok jaarliks filmmakers van regoor die wreld. Dit is ook die belangrikste geleentheid vir plaaslike regisseurs en vervaardigers om internasionale kollegas, besluitnemers en aankopers te ontmoet. Uitvoerende regisseurs van kanale soos National Geographic, Discovery Channel en Animal Planet woon die filmfees by om films te koop.

Een van sy studente, Liesl-Dana van Schalkwyk, se film vir haar meesterstudie is verlede jaar in die kategorie vir films met n beperkte begroting genomineer.  Voices of the Drylands is alreeds in verskeie lande oorsee vertoon.

Prof Gerber, die medestigter van die immergewilde tydskrifprogram 50/50, het n besonder kreatiewe jaar agter die rug. In Januarie vanjaar het die Natural History Magazine in New York van sy fotos oor bobbejane gepubliseer en sy fotos oor die Vredefort-koepel pryk in n reuse muurpaneel op die OR Tambo Internasionale Lughawe.

Prof Gerber is tans besig om sy derde prestige-kalender oor die Koepel af te rond, wat in die begin van Desember beskikbaar behoort te wees. Die gesogte  kalenders word in opdrag van die Noordwes-provinsie se Departement van Landbou, Omgewing en Bewaring gedoen.

Prof Gerber werk tans ook aan drie dokumentre rolprente wat hy beplan om vir internasionale filmfeeste in te skryf. Sy storie oor die leefwyse van tradisionele veewagters in die Kalahari, Namakwaland en die Richtersveld word volgende jaar klaar verfilm.

Intussen is Gerber besig om die teks vir n biografie oor Rita Miljo, die wreldbekende bobbejaankenner van Phalaborwa, te finaliseer.

Gerber se derde dokumentre film handel oor n oorlewende van die Boereoorlog-konsentrasiekampe.


n Bobbejaan bekyk die werk van prof Attie Gerber van naderby tydens sy verfilming van die spesie.


Die muurpaneel met prof Attie Gerber se fotos op die OR Tambo Internasionale Lughawe.


Chert-breksies, nog n foto in prof Gerber se 2009-Koepelkalender.


Een van prof Attie Gerber se bobbejaanfotos wat die Natural History Magazine in New York gebruik het.

         

