72 NWU-studente ontvang studiebeurse






POTCHEFSTROOM - Die Rapport Onderwysfonds (ROF) het onlangs R1,7 miljoen se beurse aan 72 studente aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) vir 2009 toegeken.

Die ROF het R468 000 in 2008 bewillig vir studente op die Potchefstroomkampus en tot op hede het studente van di kampus reeds meer as R1,6 miljoen se studiebeursgeld ontvang.

Volgens mnr Kobus Rossouw, bestuurder van die ROF, is die fonds daarop gemik om Afrikaanssprekende studente toegang tot studiebeurse en lenings te gee, en fokus die ROF se raad van trustees op onderwysstudente aan wie 75% van die beskikbare geld bewillig word. Die res word veral toegeken aan studente van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

Hy het voorts benadruk dat baie van die studente wat gehelp word, sewe of agt onderskeidings in matriek behaal het, maar nie elders studiebeurse kon kry nie. Die ROF-beurshouers handhaaf n gemiddeld van tussen 70 en 74%.

Prof Annette Combrink, Kampusrektor, het ges dit is noodsaaklik dat goeie onderwysers opgelei word, en omdat tersire studies baie duur is, word enige bydrae verwelkom. Ons is dankbaar dat die fonds dit vir soveel studente moontlik maak om n universiteit te kan bywoon.  Dit is ook lekker om te weet dat Afrikaanse onderwysers hierdeur bevorder word en Afrikaans verder uitgebou word as wetenskap- en onderrigtaal, het sy bygevoeg.

Dit is ons droom om meer te gee as die R12 000 wat studente tans per jaar ontvang. Die uiteindelike doelwit wat ons nastreef is dat die ROF jaarliks 250 studente kan help met n omvattende studiebeurs wat klas- en boekgeld, verblyf en etes insluit, het mnr Rossouw ges.



Mnr Danie Hefer, Hoof: Finansile Steundienste, prof Annette Combrink, Rektor van die Potchefstroomkampus, mnr Kobus Rossouw, bestuurder van die Rapport Onderwysfonds, en mnr Pieter van der Walt, 'n voormalige hoof van Finansile Steundienste, tydens die beursgeselligheid.





'n Drieling op die Potchefstroomkampus baat ook by die studiebeurse wat deur die Rapport Onderwysfonds moontlik gemaak word. Die drie Oppermans, Lerine, Nadia en Adle, is tweedejaar-onderwysstudente. By hulle is prof Annette Combrink, Kampusrektor.            

