NWU-postdoktorale student ontvang navorsingsbeurs van NASA






POTCHEFSTROOM - n Wreldwye eer het n postdoktorale student van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) te beurt geval toe hy n navorsingsbeurs van NASA  die National Aeronautics and Space Administration in die Verenigde State van Amerika (VSA) - ontvang het.

Dr Christo Venter van die vakgroep Fisika is een van slegs 60 wetenskaplikes in die wreld wat di beurse in verskillende vakrigtings ontvang. Hy het ook die gesogte Fermi GLAST-navorsingsbeurs ontvang. GLAST is die Gammastraal-grootoppervlakte-ruimteteleskoop wat vroer vanjaar gelanseer is.

Die NASA-postdoktorale program bied unieke navorsingsgeleenthede aan hoogs talentvolle mense om in navorsingsprogramme by NASA te kan deel en om pioniers vir die toekoms te slyp. Die driejaar-beurs is ontwerp om by te dra tot NASA se ruimtewetenskap, astrobiologie, lugvaartkunde en ruimte-operasies en verkennings.

Dr Venter het sy doktorsgraad in September 2008 aan die NWU behaal. Volgens sy eksterne eksaminator, dr Alice Harding van die Goddard Ruimtevlugsentrum by NASA, het hy nuwe kennis ontsluit en vir die eerste keer n ten volle driedimensionele model vir vinnig roterende neutronsterre ontwikkel.

Volgens die promotor van sy proefskrif, prof Okkie de Jager (self n voorste navorser in ruimtefisika), was hulle in Pole by n kongres toe hulle die nuus van sy beurstoekenning gehoor het. Talle topwetenskaplikes wat ook die kongres bygewoon het wou dadelik weet hoe iemand uit Afrika di topposisie kon bereik. Hulle wou ook weet waar Potchefstroom is, want die NWU is dan nie op die wreld se radarskerm nie. Ek wonder net wanneer laas het n pas afgestudeerde NWU-student  so n ho toekenning gekry wat die bestes van Amerika se universiteite beny, skryf prof De Jager uit Pole.

Dr Venter het aan Potchefstroom Gimnasium gematrikuleer en agt onderskeidings behaal, asook die hoogste gemiddeld vir matriek in Noordwes. Hy het sy BSc- en MSc-graad aan die NWU met lof geslaag en het sedertdien as lektor in die Skool vir Fisika verskeie internasionale konferensies bygewoon.  Hy was ook mede-outeur van 56 internasionale publikasies, waarvan 46 in samewerking met die High Energy Stereoscopic System (HESS)-transnasionale groep is. Di groep is met die Descartes-wetenskapsprys van die Europese Unie bekroon.



Dr Christo Venter is binnekort op pad na NASA.               

