NWU-student ontvang goue Loerie vir grafiese werk






POTCHEFSTROOM - n Grafiese-ontwerpstudent van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het onlangs n goue Loerie-toekenning verwerf, terwyl nog drie projekte brons toekennings ontvang het.

Magdel Smith het die goue Loerie vir haar inskrywing Who Cares in die afdeling vir publikasie-ontwerp ontvang.

Die ander projek wat met n brons Loerie bekroon is in die afdeling vir publikasie-ontwerp is The Art of Being. In die afdeling vir gemengde mediaveldtog is twee projekte, Oppikoppi  Sus en Daan, en Oppikoppi  No Strings Attached, bekroon.

Die Loeries is n jaarlikse Suid-Afrikaanse toekenning wat kreatiewe uitnemendheid beloon en uitbou in die velde van bemarking en advertensiewese, en ook in terme van grafiese ontwerp en digitale media.

Studente in di vakgroep het verlede jaar drie Loeries - een silwer en twee brons - ontvang.

Die voorsitter van die Loerie-toekennings, mnr McCann Erickson, het ges die ho standaarde van die Loeries verseker dat die wenners internasionaal kan meeding.



Hier is vanjaar se Loerie-wenners saam met hulle dosent, mnr Wessie van der Westhuizen. Die wenners is Gert Schoeman (brons), Suzan van Wyk (brons), Yvonne Lombard (brons), Magdel Smith (goud) en Carla Erasmus (brons).



Magdel Smith met haar goue Loerie en haar dosent, mnr Wessie van der Westhuizen.                  

