Gauteng-alumni vier stylvol






MAFIKENG - Die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs n baie suksesvolle galadinee ter ere van sy alumni in die Gauteng-provinsie gehou.  n Rekordgetal van 240 lede het die prestige-gebeurtenis bygewoon wat by die Gallagher Estate in Johannesburg gehou is.

Dr Theuns Eloff, Visekanselier van die NWU, en prof Dan Kgwadi, Rektor van die Mafikengkampus, het tydens die geleentheid die alumni toegespreek en die huidige statistiek en sukses van die samesmelting beklemtoon.

Me Susan van Rooyen, alumni-kordineerder, het ges dat die prestasies van die NWU-alumni n weerspieling is van die gehalte en uitnemendheid van die opvoeding aan die Mafikengkampus en dat die NWU baie trots is op hulle. Me Van Rooyen het ook met entoesiasme en opgewondenheid van die alumni gepraat en hulle vir hulle teenwoordigheid bedank en dat hulle die aand onvergeetlik gemaak het.  Ons wil h dat die alumni n permanente verwantskap met die NWU moet h, en hierdie geleentheid is die begin van die bou van n verwantskap wat lewenslank moet hou, en dit is maar die begin!" het sy ges.

Aangesien dit so n groot sukses was, sal hierdie geleentheid beslis herhaal word, het me Van Rooyen ges.  Dit is begin van n deurlopende reeks funksies regoor die land om afdelings te stig wat verteenwoordigend sal wees van die suksesvolle en lojale studente wat aan die Mafikengkampus afgestudeer het. Ons volgende mikpunt is die Mafikeng-alumni, en spoedig daarna die alumni van Venda en Botswana, het sy bygevoeg. Een van die hoofdoelwitte van die funksies is om n uitgebreide en bygewerkte databasis van alle alumni van die Mafikengkampus op te stel en hulle van relevante nuus en inligting te voorsien.

Nadat hy eiehandig ongeveer 150 voormalige medestudente gekontak het, het Katlego Lekwakwe n prys, bestaande uit n wegbreek vir twee persone by die Zebra Country Lodge, gewen. Hierdie prys is deur Thabiso Magodielo en sy vrou Thabeo van Legend Lodges geborg. Katlego is nou ook die amptelike vrywilliger-verteenwoordiger vir die Gauteng-area.

Van die ander alumni teenwoordig was regter Yvonne Mokgoro en dr Happy Sithole.



Van links is Mee Izette Schouwstra, Institusionele Konvokasiekordineerder en Susan van Rooyen, Alumnikordineerder van die Mafikengkampus.



Van links is regter Yvonne Mokgoro, die eerste vrou wat as regter in die Konstitusionele Hof in Suid-Afrika aangestel is, dr Theuns Eloff, Visekanselier van die NWU, en mnr Lester Mpolokeng, waarnemende Direkteur: Bemarking en Kommunikasie op die Mafikengkampus.                      

