Kampus fokus op entrepreneurskap






VANDERBIJLPARK  n Verpligte entrepreneurskapkursus bied vir die tweedejaar BEd-studente op die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) die geleentheid om nie net hul kreatiwiteit op die proef te stel nie, maar ook om n paar rand in hul sak te steek.

Entrepreneurskap is n gonswoord wat almal aan die dink het, veral wanneer n uiters kompeterende beroepsomgewing en die ekonomiese onsekerheid wat tans in die land ervaar word, in ag geneem word.  Volgens dr Lenie Holtzhausen, programbestuurder en dosent verbonde aan die Skool vir Opvoedkundige Wetenskappe, word die noodsaaklikheid van entrepreneurskap ook in die Nasionale Kurrikulumverklaring vervat.  Dit impliseer dat alle leerders bemagtig moet word om as entrepreneurs te kan ontwikkel.

Op skoolvlak word daar veral vanaf Graad R tot Graad 9 aandag geskenk aan die Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe en volgens dr Holtzhausen beklemtoon di vroe blootstelling juis die belangrikheid van entrepreneurskap. Vanaf Graad 4 word die leerders, volgens die gestelde assesserings-uitkomste, aangemoedig om aan markdae deel te neem en hul kennis oor entrepreneurskap prakties te beoefen. Namate die leerder deur die onderskeie grade vorder, word die fokus van entrepreneurskap verbreed om aspekte soos bemarking, advertering, strategiese beplanning en besigheidsplanne te dek.

Die studente kry n geleentheid om weekliks hul vaardighede ten toon te stel en  aan kreatiwiteit is daar geen tekort nie. Personeel en studente word getrakteer op lekkernye soos spookasem, pap en braaivleis, bunny chow en pannekoek, en handwerkartikels trek ook aandag.  Dit is belangrik om leeruitkomste met praktiese ervaring te ondersteun, verduidelik dr Holtzhausen en voeg by dat as toekomstige onderwysers hierdie studente bemagtig word om die waarde van entrepreneurskap uit te leef.















                      

