Pendoring sege vir NWU






POTCHEFSTROOM - Grafiese ontwerpstudente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het die 2008 Pendoring-toekennings behoorlik oorheers. Benewens die ses finalisprojekte het die NWU met drie van die vier goue Pendorings wat vanjaar toegeken is, weggestap.

Twee vierdejaar-groepprojekte van Ren Julyan, Gerda van der Walt, Terese Potgieter en Christi de Jager, Die Kloppers, en Christel Badenhorst, Marlize Bergh, Winette Pretorius en Johnny Thomas se Kultuur in jou are (beide veldtogte vir die Aardklop Nasionale Kunstefees) het daarvoor gesorg dat die NWU in die gemengde mediaveltogkategorie gesevier het deur albei met goud weg te stap. n Groep derdejaarstudente, Jaco Burger, Roscher Maritz en Zinelda McDonald, het n goue Pendoring in die alternatiewe media-afdeling ontvang.

Benewens hierdie prestasies het die NWU beide hierdie twee kategorie oorheers met die meeste aantal finaliste. Braam Kempen, Lauren Moses en Freda Raubenheimer se webblad, Luiardia, en Emarie Gouws, Astrid Gevers en Ilze Vermaak se Planeet Pierewiet was twee van drie ander finaliste in die alternatiewe media-afdeling. Suzan van Wyk en Gert Schoeman se Sus en Daan-veldtog vir Oppikoppi was een van twee ander finaliste in die gemengde mediaveldtog-afdeling.

Die NWU se sukses is verder onderstreep deur die sukses van sy alumni. Twee oudgrafiese ontwerpstudente, Antoinette Fourie en Renier Zandberg, het onderskeidelik met drie en een goue Pendoring weggestap. Fourie het ook die Pendoring-prestigetoekenning vir 2008 ontvang.

Een van die beoordelaars, Coenie de Villiers, het ges die kreatiewe skeppings van die jong ontwerpers is bemoedigend. Studente het hulle staal gewys teen deurwinterde ontwerpers in die advertensie-wreld.




Die drie goue Pendorings vir die NWU-Potchefstroomkampus word hier bewonder deur mnr Ian Marley, dosent in Grafiese Ontwerp, proff Paul Schutte van die Skool vir Kommunikasiestudies en Maritte Lowes, Viserektor Akademie.                             

