NWU-studente bemagtig tieners in Sonderwater






POTCHEFSTROOM - Honneursstudente in Ontwikkelingskommunikasie van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs met behulp van die GIRLL-projek (Girls in risk reduction leadership) 21 tienermeisies in die Sonderwater-gemeenskap help bemagtig.

Die vyf studente  Kristel Fourie, Yolanda Maartens, Jeanne Oliver, Amor Truter en Madge Lourens  het as vrywilligers by die GIRRL-projek van me Kylah Forbes Biggs, 'n navorsingsgenoot by die Afrikasentrum vir Rampstudies met dr Dewald van Niekerk aan die hoof, opgetree.

Di projek het 21 tienermeisies in die Sonderwater-gemeenskap in Ikageng help bemagtig deur praktiese inligting- en toepassingsessies aan te bied. Temas soos MIV/Vigs, seksuele gesondheid en noodhulp het aandag gekry sodat di meisies op hulle beurt weer die gemeenskap kan help. Die plaaslike owerheid, kundiges en dosente is ook ingeroep om die sessies aan te bied.

Die sessies het nie net inligting gebied nie, maar ook selfvertroue gebou en die meisies bemagtig om meer effektiewe en ingeligte besluite te neem.

Volgens me Biggs het die studente veel meer gedoen as wat van hulle verwag is. Sy het bygevoeg: Die teorie en praktyk het op hierdie wyse met mekaar gepraat.  Die groep het ook onlangs n gemeenskapsdag in Ikageng gehou en die meisies het hulle nuwe kennis deur middel van drama-opvoerings aan hul gemeenskap oorgedra.

GIRRL word deur die Wreldbank gefinansier en is onlangs by die Verenigde Nasies (VN) se internasionale strategiese program vir rampvermindering ingesluit.

Volgens me Biggs sal hulle graag die projek in ander gemeenskappe ook wil aanbied.  Skakel gerus vir me Biggs by (018) 299 1620 vir meer inligting.



Me Kylah Forbes Biggs (derde van links), Kristel Fourie, Yolanda Maartens, Amor Truter en Jeanne Oliver, (die studente wat haar met die GIRRL-projek gehelp het), saam met die tienermeisies van Sonderwater.                                 

