WEB-Heronwikkelingsopname spel dit uit






INSTITUSIONELE KANTOOR  Die webtuiste van die Noordwes-Universiteit (NWU) is gereed om op grond van die behoeftes van sleutelbelanghebbers 'n nuwe voorkoms, ervaring en verbeterde elektroniese kenmerke in werking te stel.

Die NWU het onlangs sy vernaamste belanghebbers genooi om aan n web-herontwikkelingsopname deel te neem ten einde hulle menings oor die huidige webtuiste te lug.  Die doel van hierdie opname, wat as deel van die herontwikkeling, integrasie, implementering en bestuur van die NWU se nuwe webtuiste geloods is, was om te bepaal hoe belanghebbers die huidige NWU-webtuiste ervaar en wat hulle primre behoeftes is.

Alumni, ouers van huidige studente, huidige en voornemende studente, en personeellede van die Institusionele Kantoor en die Mafikeng-, Potchefstroom- en Vaaldriehoekkampus het aan die opname deelgeneem. n Totaal van 901 response is aangeteken.  Die belanghebbers het hulle menings, ervarings en frustrasies rakende n wye verskeidenheid onderwerpe gedeel.

Van die bevindings van die opname het die volgende ingesluit:
 Respondente het gevoel dat die inligting wat hulle soek soms op die NWU-webtuiste beskikbaar is, maar dat die inligting verouderd is, in sekere opsigte onvolledig of moeilik is om in die hande te kry, aangesien daar nie n logiese struktuur of werfkaart is nie
 Die navigasie van die huidige webtuiste moet verbeter word  dit is soms moeilik om die inligting in die hande te omdat daar te veel skakels of klikke is
 Skakels moet meer sigbaar, gebruikersvriendelik en logies gegroepeer wees
 Wat respondente die graagste op die nuwe, verbeterde NWU-webtuiste wil sien, is n funksiekalender en n kletskamer
 Respondente wil graag alle grade, kursusse en programme wat die NWU aanbied saamgegroepeer h om rondblaai te vergemaklik
 Respondente wil graag volledige inligting h oor elke graad, kursus of program wat die NWU aanbied, insluitend n kort beskrywing, werksgeleenthede binne 'n spesifieke studieveld, kostes, duur, aansoek- en registrasievereistes, ens.
 Die geleentheid om aanlyn vir toelating aansoek te doen en te registreer, is baie belangrik
 Hulle wil beter aanlyn finansile en administratiewe stelsels vir aanlynstate en -rekords h
 n Wies wie-databasis van akademiese en administratiewe personeel, insluitend hulle kontakbesonderhede en n kort opsomming van hulle verantwoordelikhede, moet ingesluit word
 Die ontwerp en voorkoms en gevoel van die webtuiste moet verbeter word
 Verskillende toegangspoorte moet vir voornemende studente, studente en alumni beskikbaar wees

Noudat die resultate bestudeer is, is die volgende stap om n projekplan met teikendatums te ontwikkel om die strukturele ontwerp en inhoudsdefinisie, webontwerp, implementering, ontplooiing en toetsing te bestuur voordat die nuwe, verbeterde NWU-webtuiste in werking gestel word.

Hou gerus die landingsbladsy dop vir meer inligting oor die webherontwikkelingsproses.                                          



