Die laaste s








Geagte kollegas

Dat 2004 'n groot n moeilike jaar was, sal niemand seker betwis nie.

Grt in die sin dat:

Goeie prestasies op talle gebiede behaal is: akademies, sport, navorsing, die samesmelting... noem maar op.

Milik in die sin dat:

Dit was 'n jaar waarin spanwerk, motivering en harde werk ons die suksesvolste samesmelting in Suid-Afrika gemaak het.

En daarvoor kan ek maar net groot dankie s! Dis 'n ervaring wat jou tot nederigheid stem om te sien en te ervaar hoe dinge net gebeur, hoe personeel gewoon verantwoordelikheid aanvaar en voortgaan met die werk. Baie maal het die inisiatief, entoesiasme en stille vasberadenheid my verstom En dit het ek op al die kampusse ervaar!

Dit was werklik 'n voorreg om hierdie eerste jaar van die Noordwes-Universiteit met u te kon meemaak. As ons die doelwitte  wat ons almal gestel het, moes meet teen die uitkomste tot dusver, is ek daarvan oortuig dat ons universiteit 'n onderskeidingskandidaat is! En ons kan in 2005 op hierdie fondament verder bou.

Ek hoop dat almal wat so beplan het, 'n heerlike rustyd gaan h  ons is almal moeg, maar met die genoegdoening dat dit van goeie, harde en eerlike werk is. Ek hoop ook dat u hierdie vakansietyd en Kerstyd saam met u geliefdes sal kan deurbring.

Ons besef almal dat 2005 sy eie unieke en komplekse uitdagings gaan h. Rus dus goed uit, kry die liggame reg, maak die koppe skoon, en kry die idees en inisiatief gereed. Die Noordwes-Universiteit het u nodig! Want volgende jaar word ons nog beter...

Vriendelike Noordwes-groete

Theuns Eloff
Visekanselier

