Mikrobiologie kry mikrobrouery






POTCHEFSTROOM - Vyf honneursstudente in Mikrobiologie by die Skool vir Omgewingswetenskappe en -ontwikkeling aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het aan die eerste nasionale interuniversitre mikrobrouerye-kompetisie deelgeneem en n R5 000-prys in die Best Label-kategorie vir hul produk met die naam Wernicken  liquid enlightenment losgeslaan.

Daarbenewens het die span se deelname aan die kompetisie die knoop deurgehak vir finansile ondersteuning om n mikrobrouery op die Potchefstroomkampus genstalleer te kry.

Die NWU-span was die enigste span onder di van ses universiteite wat die kompetisie van Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) in samewerking met die Foodbev SETA en die International Brewery & Distillery (IBD) sonder n mikrobrouery aangepak het.  Die Potchefstromers het intussen die groen lig van SAB gekry om so n brouery as n ekstra fasiliteit by mikrobiologie te vestig.

Die vernaamste doelwit van die kompetisie is om universiteite by Suid-Afrika se trotse bierbroukultuur te betrek en om aan hulle blootstelling te gee vir beursgeleenthede. Dit is voorts daarop gemik om talent onder entoesiastiese studente te bevorder en n loopbaan in die brouersbedryf aan te moedig.

Die NWU het teen die Universiteit van Pretoria, Witwatersrand, Kaapstad, Stellenbosch, en KwaZulu-Natal deelgeneem. Elke span is aan die gehalte van hul bier, botteletikette en voordrag gemeet. Lager, ale en n spesialiteitsbier is deur gesertifiseerde bierproers beoordeel, terwyl botteletikette en die voordragte deur verteenwoordigers van SAB en Foodbev SETA en IBD Afrika gevalueer is.

Mnr Jaco Bezuidenhout, lektor by die Skool vir Omgewingswetenskappe en -ontwikkeling (Mikrobiologie), is verheug oor die vooruitsig van n mikrobrouery op die Potchefstroomkampus.  Dit sal die NWU in staat stel om in die toekoms op gelyke voet met ander universiteite mee te ding. Met n mikrobrouery op die Kampus, is ons studente van voorneme om met ons Wernicken-bier die Ben Lamaletie  IBD Legend wisseltrofee in 2009 Potchefstroom toe te bring! het hy bygevoeg.

? Tukkies se brouers is vir hul American Pale Ale met die Ben Lamaletie  IBD Legend-wisseltrofee beloon en het beursgeld van R125 000 vir toegepaste studies in brou- en distillasieverwante onderwerpe ontvang. Die spanlede het ook R10 000 gekry om te deel, terwyl R10 000 aan hul Chemiese Ingenieursdepartement toegeken is.



Die mikrobiologiestudente van die NWU se Potchefstroomkampus wat aan die mikrobrouerye-kompetisie deelgeneem het, is voor: Andia van Niekerk, Abraham Mahlatsi en Simone Ferreira, en agter: Jerry Lourens en Danie Brink.



Die etiket van die mikrobiologiestudente het vir n wenplek gesorg tydens die mikrobrouerye-kompetisie. Die NWU-span se bier staan as Wernicken  liquid enlightenment bekend.                                              

