SJGD gee ruim aan talle in Noordwes






POTCHEFSTROOM - Die Studente Jool Gemeenskapsdiens (SJGD) van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het vanjaar nagenoeg R1 miljoen aan organisasies, instansies en individue in Noordwes uitbetaal.

SJGD is die grootste studente-liefdadigheidsorganisasie in die land wat hulle fondse jaarliks tydens Jool-week in die provinsie insamel. Tydens die SJGD-uitbetalingsgeleentheid is R380 000 aan 45 organisasies en individue geskenk. Di instansies is oor die Noordwes-provinsie versprei.

Die voorsitter van SJGD, Egbert Meyer, het ges dat hulle vanjaar voor di geleentheid meer as sewentig aansoeke verwerk het.

Volgens Egbert is die res van die geld wat ingesamel is onder 42 projekte van die Potchefstroomkampus-studente versprei. Hieronder tel 26 projekte van di Kampus se koshuise, die Studenteraad se Bopanang-fonds, SJGD se noodfonds vir kosvoorsiening aan minderbevoorregte studente, asook SJGD se eie 16 projekte.

Die Kampusrektor, prof Annette Combrink, het ges die Potchefstroomkampus is trots op die werk wat komiteelede jaarliks doen om die nood van soveel mense en organisasies in die provinsie te help verlig.




Van links na regs is Johann Steyl, vorige Jool-voorsitter, Phillip Moolman, kunstenaar, Junita Oelofse, ondervoorsitter van SJGD, Egbert Meyer, voorsitter van SJGD en prof Annette Combrink, Kampusrektor, tydens die SJGD se uitbetalingsgeleentheid.



Klein Selouna Visser het geld van SJGD ontvang vir n rolstoel. Hier gee die voorsitter van SJGD, Egbert Meyer, vir haar ma, Roma, n drukkie tydens die oorhandiging.                                              

