Vaal-alumni baljaar tussen die sterre






VANDERBIJLPARK  Dit was `n aand so reg uit die glansblaaie van `n Hollywood-tydskrif, kompleet met `n rooi tapyt en flitsende kameras.  Lede van die alumni-korps van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vaaldriehoekkampus (VDK) is onlangs getrakteer op n Aand saam met die sterre. Tydens di spoggeleentheid is verskeie alumni-lede vereer vir hul bydrae in hul onderskeie gemeenskappe en beroepsvelde.

Volgens me Alwine Naude, kordineerder van die VDK-alumni, was die aand nie net daarop gerig om die netwerk tussen die Kampus se alumni-lede te versterk nie, maar ook om vir hierdie ambassadeurs dankie te s. Ons is baie trots op ons alumni en dit is net reg om ook van die Kampus se kant af ons erkenning oor te dra, meen me Naude. Sy voeg by dat dit juis die studente van gister was wat die fondasie vir vandag se studente gel het.
 Die gaskunstenaar vir die aand was die sanger en vermaaklikheidskunstenaar, Manuel Escorcio.

Alumni-lede wat spesiale vermelding ontvang het, is:
 Mnr Heinrich Kriel, Uitvoerende Bestuurder van Saldanha Staal en sy vrou Christelle, ook n VDK-alumnus.
 Mnr Corrie Botha, Fabriekbestuurder - Ystervervaardiging by Arcelor Mittal. Sy vrou, Marianne, is ook n alumni-lid.
 Me Lindokuhle Dingiswayo, wenner van die Old Mutual/Nedbank Begrotingstoespraak-kompetisie in 2008. Me Dingiswayo die eerste swart vrou om di prestige kompetisie te wen, werk tans by die Suid-Afrikaanse Reserwebank.
 Dr Mojaki Mosia, Direkteur: Menslike Hulpbronne by BMW Suid-Afrika. Sy vrou, Magauta  ook n alumnus - is die Direkteur: Menslike Hulpbronne by Rand Merchant Bank.
 Mnr Andr Mellet, Ekonoom van die Jaar vir 2006 en naaswenner in 2007. Hy is tans n dosent verbonde aan die Fakulteit Ekonomie en Inligtingstegnologie.
 Me Haidee Kruger, dosent verbonde aan die Fakulteit Geesteswetenskappe asook die skrywer van Lush: poems for four voices. Haar man, dr Jan-Louis Kruger, ook n alumnus, is die Direkteur: Skool vir Tale aan die VDK..





                                              

