Intervensieprogram bied akademiese hulp aan graad 12-leerders






VANDERBIJLPARK  Meer as 5 000 leerders sal baat vind by n intervensieprogram wat wil help om die onderpresterende skole in die Vaaldriehoek se matriekslaagsyfer te verbeter.

Hierdie program is n gesamentlike inisiatief tussen die Skool vir Opvoedkunde aan die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) en die Sedibeng-Wes (D8) Departement van Onderwys. ? Totaal van 37 skole neem daaraan deel.

n Onderpresterende skool is ? skool met ? slaagsyfer van laer as 60%, en gedurende die onlangse winterreses het die leerders bykomende opleiding in Engels, Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid, Lewenswetenskappe, Rekeningkunde en Natuurwetenskappe ontvang.

Wat hierdie projek so waardevol maak, is dat daar na afloop van verskeie voor- en na-toetsings gevind is dat die leerders se begrip en kennis in sommige vakgroepe met tot 80% verbeter het.

Soos verwag kan word, is baie tyd aan logistieke beplanning bestee. Dosente verbonde aan die Skool vir Opvoedkunde het as vakkordineerders opgetree, terwyl meer as 200 opvoedkundestudente  besig met hul derde en vierde jaar se studie - as fasiliteerders opgetree het.

? Vaksameroeper is vir elk van die onderskeie vakgroepe aangewys, en dosente was verantwoordelik vir die opleiding van die fasiliteerders sowel as vir die ontwikkeling van die leermateriaal wat gebruik is. Die fokus van die intervensieprogram was nie net om ? sekere hoeveelheid werk aan die leerders te verduidelik nie, maar ook om te verseker dat die leerders die werk deeglik onder die knie het.

Lede van die Departement van Onderwys, tesame met die onderskeie vaksameroepers, het elke sentrum gereeld besoek om kwaliteit te verseker. Volgens dr Elsa Fourie, Direkteur van die Skool vir Opvoedkunde, kan die program gesien word as ? gesamentlike poging om nie net graad 12-leerders eksamengereed te maak nie, maar ook die erns van goeie punte en toekomsbeplanning by die leerders in te skerp.

Dr Fourie het ook bygevoeg dat die projek gedurende September ? tweede siklus sal betree, waartydens n finale intervensie sal plaasvind. Dit is ons hartewens dat hierdie projek in ? langtermyn-verbintenis sal ontwikkel en sodoende nie net waarde toevoeg deur die jeug te bemagtig nie, maar ook tot die volhoubare herlewing van die Vaaldriehoekstreek sal bydra, het dr Fourie ges.



Meer as 200 opvoedkundestudente is opgelei om tydens die onlangse intervensieprogram as fasiliteerders op te tree.



Terug skool toe. Meer as 5 000 leerders neem deel aan die intervensieprogram.                                                  

