Die wenners van die webherontwikkelingopname!






Bykans 1 000 respondente het deelgeneem aan n webopname wat deel gevorm het van die NWU se webherontwikkelingsproses.  Sewe deelnemers het deur middel van n trekking wonderlike pryse gewen.

Die respondente het in verskillende kategorie deelgeneem  alumni, studente se ouers, huidige en voornemende studente asook personeellede.  In die kategorie vir studente het drie gelukkige deelnemers elkeen n iPod gewen. Hulle is mnr Letlhogonolo Chacha (Mafikengkampus), mnr Barend Havenga (Potchefstroomkampus) en me Nadia de Beer (Vaaldriehoekkampus).

Me Jasenta Makena van Orange Farm het nog n iPod opgeraap nadat sy in die kategorie vir voornemende studente deelgeneem het.

Drie respondente het elkeen n kontantprys van R1 000 gewen.  Hulle is me Monique Joubert van Pretoria (alumnus), me Marlize Louw van Klerksdorp (ouer) en me Brualda Abrahams van die Potchefstroomkampus (personeellid).

Die opname se bevindinge word tans gevalueer ten einde te verseker dat die oorgedoende webwerf in ons primre belanghebbendes se behoeftes sal voorsien. Na afloop van die evaluering sal `n projekplan met teikendatums opgestel word en gebruik word om rigting te gee aan die strukturele ontwerp en inhoudsdefinisie, webontwerp, implementering, ontplooiing en toetsing voor die finale bekendstelling.  Lees meer oor die webherontwikkelingsproses in die volgende uitgawe van Eish!

Hou ook die webwerf dop vir die opname se bevindinge.



Me Marelize Louw ontvang haar kontantprys van me Marelize Santana, Aanlyn-inligtingsbeampte van die Departement van Korporatiewe Sake en Verhoudinge.



Mnr Vincent Eastes, Senior Bestuurder: Web- en Elektroniese Kommunikasie, Potchefstroomkampus (regs), het die pryse aan die twee wenners van die Potchefstroomkampus oorhandig. Hulle is mnr Barend Havenga (middel) en me Brualda Abrahams (regs).





Studentewenner mnr Letlhogonolo  Chacha (Mafikengkampus) ontvang sy iPod van mnr Lester Mpolokeng, Waarnemende Direkteur: Bemarking en Kommunikasie, Mafikengkampus.



Me Nadia de Beer is die gelukkige studente-wenner van die Vaaldriehoekkampus.



Me Jasenta Makena, n voornemende student van Orange Farm, het ook n ipod gewen.



Me Monique Joubert, n NWU-alumnus, het n kontantprys van R1000 losgeslaan.                                             

