NWU-student wen gesogte kompetisie van kosmetiekbedryf






POTCHEFSTROOM - Trane van blydskap het gevloei toe n meestersgraadstudent in farmaseutika aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), Telanie Weys, aangewys is as die wenner van n internasionale kompetisie van die International Federation of Societies of Cosmetic Chemists (IFSCC).

Wat di prestasie nog meer spesiaal maak, is dat haar studieleier, prof Jeanetta du Plessis, wat die nuus aan haar oorgedra het, self di kompetisie van die IFSCC in 1994 gewen het.

Telanie doen tans haar meestergraadstudie in die kosmeseutika-navorsingsgroep van die Eenheid vir Geneesmiddelnavorsing en -ontwikkeling.

Sy het vroer vanjaar n baie wik en weeg ingeskryf vir die Maison G De Navarre Young Scientist-kompetisie, waarvoor sy n essay moes skryf oor Die IFSCC in sy vyftigste bestaansjaar. Hoe die kosmetiekbedryf in di tydperk verander het en hoe dit moontlik oor vyftig jaar gaan lyk.  Telanie was die enigste NWU-student wat vir die kompetisie ingeskryf het.

Telanie het haar essay geskryf oor laserterapie, wat al gewilder en veiliger sal raak en s ver sal vorder dat mense hul eie klein lasertoestel in hulle kosmetieksakkie sal dra. Sy het ook oor geneesmiddel-aflewering deur die vel uitgebrei, en daarop gewys dat dit minder newe-effekte sal h en dat die aktiewe bestanddele dadelik by die plek sal uitkom waar dit moet werk.

Telanie sal in Oktober die kongres van die IFSCC in Barcelona, Spanje bywoon, waar sy haar sertifikaat sal ontvang.

Prof Du Plessis is baie trots op Telanie en s die wen-essay wat sy self destyds geskryf het, gesorg het dat sy vandag nog in kosmetiek belangstel. Sy het al sowat vyftig meestersgraad-studente en tien doktorale studente in di vakgebied begelei.

Telanie en prof Du Plessis is kinders van Brakpan. Sien jy nou, ons kan Brakpan ook famous maak, s hulle.





FOTO:  Telanie Weys en haar studieleier, prof Jeanetta du Plessis, kyk na die sertifikaat wat Du Plessis in 1994 vir die IFSCC-kompetisie ontvang het.                                                   

