NWU-studente en dosent blink uit tydens internasionale kompetisie






POTCHEFSTROOM  n Span studente en 'n dosent van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs vir die eerste keer aan die nasionale kompetisie vir Students in Free Enterprise (SIFE) South Africa deelgeneem en besonder goed gevaar.

Die SIFE-NWU-studentespan  Brian van Wyngaardt (voorsitter), Maribe Mamabolo, Kelebogile Modingoana, Jennifer Mokqweng en Carien van der Merwe  moes binne enigeen van die ses pilare van SIFE (sake-etiek, finansile geletterdheid, entrepreneurskap, suksesvaardighede, markekonomie en volhoubaarheid) projekte in hulle gemeenskap loods.  Hulle het tweede in hulle afdeling geindig en het trofe vir vyf van die ses pilare ontvang.

Prof Japie Kroon, programleier vir entrepreneurskap in die Skool vir Besigheidsbestuur en Entrepreneurskap aan die Potchefstroomkampus van die NWU en fakulteitsraadgewer vir SIFE-NWU, het die toekenning vir die beste nasionale SIFE-fakulteitsraadgewer ontvang en n reis na die internasionale SIFE-kompetisie in Singapoer gewen.

Agtien universiteite van regoor die land het aan hierdie jaar se geleentheid deelgeneem. Die universiteite is in vier afdelings verdeel  SIFE-NWU is saam met die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN), die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK) en die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) ingedeel.  UKZN is as die wenner aangekondig, met SIFE-NWU wat n verrassende en welverdiende tweede plek behaal het.

Prof Kroon is baie trots op hulle prestasies: Ons voel dat ons net kan verbeter, en dit was n ongelooflike leerervaring vir almal betrokke.  Die bywoon van die nasionale kompetisie het ons bewus gemaak van die feit dat ons as ambassadeurs van die NWU met ons pogings n beter land vir ander kan skep.

SIFE is n internasionale studente-organisasie wat aan 1 600 universiteite in 47 lande funksioneer.  Studente wat aan SIFE-projekte deelneem, ontvang n SIFE-sertifikaat wat baie waardevol is vir diegene wat werk soek, aangesien groot borge en sakeondernemings SIFE-studente aktief werf.  Kontak asseblief vir prof Krone by (018) 299 1423 vir meer inligting of besoek die SIFE-webwerf: www.sife.org (Link: http://www.sife.org).



Carien van der Merwe, Jennifer Mokweng, prof Japie Kroon en Kelebogile Modingoana.



Die SIFE-NWU-studentespan: Carien van der Merwe, Jennifer Mokweng, Maribe Mamabolo, Kelebogile Modingoana en Brian van Wyngaardt (voorsitter).                                                     

