Grafiese studente van die NWU neem die wreld op horings






Twee groepe studente van die vakgroep Grafiese Ontwerp op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) kan dalk vanjaar met twee gesogte pryse  die International Adobe Design Achievement- of die 2008 SABS Design Institutes Design Achiever-toekenning  wegstap.

 2008 SABS Design Institutes Design Achiever
Drie finalejaar grafiese ontwerpstudente, Phutheho Ranooe, Leana De Beer en Melissa Maloney, is as finaliste in die 2008 SABS Design Institute se Design Achiever Awards aangewys.

Phutheho se mediaveldtog, getitel Golden Egos, wat daarop gemik is om Afro-pessimisme hok te slaan deur die daarstel van positiewe Afrika-rolmodelle, het haar n plek in die uitkloprondte verseker. Phutheho het die beoordelaarspaneel bendruk met haar visie en leierseienskappe, asook haar empatie en begrip vir komplekse sosio-kulturele kwessies.

Die SABS Design Institute het die Design Achievers-toekenningskema in 1987 begin. Dit kan van ander Suid-Afrikaanse ontwerptoekennings en -kompetisies onderskei word deur die nasionale en multidissiplinre aard waar die klem op ontwerp-entrepreneurskap en leierskap sowel as kreatiewe uitnemendheid val.

Dit is die sesde agtereenvolgende jaar dat studente van die NWU se Potchefstroomkampus die kortlys van die Design Achiever Awards haal, maar ook die eerste keer dat die Universiteit met drie finaliste in hierdie prestige-ryke kompetisie kon spog.

 International Adobe Design Achievement
Carla Erasmus, Leana de Beer en Gert Schoeman se projek, Mossie, wat op plaaslike front al met n Goue Pendoring en n Construction New Media Grand Prix-toekenning weggestap het, is ook op die kortlys in die interaktiewe ontwerpafdeling geplaas.

Gert se individuele projek, A sleepless night , is ook in hierdie kategorie vermeld. In die illustrasiekategorie het twee projekte, een van Christo Kruger en n groepprojek deur Carla Erasmus en Yvonne Lombard, die finale rondte gehaal. In die afdeling vir gedrukte media het twee groepprojekte, een deur Aletti Marx en Christell Badenhorst en n ander deur Gert Schoeman en Suzan van Wyk, die pylvak gehaal.

Die NWU is een van slegs twee Suid-Afrikaanse instellings wat tot die finale rondte van hierdie kompetisie deurgedring het.  Die Adobe Design Achievement Awards fokus daarop om uitmuntende individuele en groepsprojekte wat met Adobe se sagteware geskep is, te beloon. Die kompetisie word jaarliks in 34 lande gehou en vereer die mees talentvolle en belowende studente van die wreld se top tersire instellings.



Phutheho Ranooe, n finalejaarstudent, is een van die grafiese ontwerpstudente op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) wat as finalis in die 2008 SABS Design Institute se Design Achiever Awards aangewys is.





In die illustrasiekategorie het Christo Kruger die finale rondte gehaal. Hier is twee van sy illustrasies.
                                                        

